Radio SAM Music Club

Adam Tas


 


 
 


 


 
 
 
 

 

 
 


 


 
 


 


 
 

 


 


 
 


 


 
 

 


 


 
 


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 


 

Die naam Adam Tas verwys nie vandag na die vader van geskrewe Afrikaans van die 1600s nie, maar die gewilde Afrikaanse sanger wat groot opskudding in die musiekbedryf maak.

Van ‘n klein begin in Hatfield, Pretoria tot ‘n Guiness Wereldrekord sing Adam Afrikaans met sy “Rock” ondertoon menigte se harte warm. Maar sy toekomsplanne het nooit musiek ingesluit nie, waar ‘n fietsongeluk sy liefde vir die kunstipe gekweek het.

Adam is op die 25 Augustus 1981 in Pretoria gebore. Hy het by Laerskool Garsfontein sy skoolloopbaan begin en by Hoerskool Garsfontein dit voltooi. Naskool het hy vir ‘n kursus in joernalistiek by Unisa ingeskryf en is selfs vandag ‘n gekwalifiseerde wildbewaarder.

Musiek was egter steeds nie op sy agenda nie, waar hy eintlik gedroom het om vir die Blou Bulle rugby te speel.

Dit was egter na Adam met sy fiets ‘n ongeluk gehad het dat hy met musiek in aanraking gekom het. Vir weke was Adam bedlêend en het hy sy kitaar opgetel om homself besig te hou. In die tyd het hy homself geleer kitaar speel en sy gewilde rasperstem ontwikkel.

So het sy passie en ‘n hongerte vir musiek begin groei en hy het musiekvertonings van ander kunstenaars bygewoon. Een bekende afrikaanse sanger, Valiant Swart se optrede was die laaste spykerhou wat Adam nodig gehad het om sy eie musiekloopbaan te begin.

Nes enige struikelende musikant het Adam alleen in Hatfield se kuierplekke opgetree en so sy stempel onder veral die studente gedruk. Sy eerste album, “Memories in ‘n menthol” het soos soetkoek verkoop. Adam het nie net ‘n warm stem nie, maar ook ‘n talentvolle skrywershand.

Die liedjies op sy albums is meestal deur Adam en sy vriend Kobus Koekoes Bezuidenhout geskryf.

As gekwalifiseerde wildbewaarder, teel Adam ook saam met sy pa met verskeie diere op hulle plaas. Hulle teel met nyalas, swartwitpense (sybles), skoon oos afrika buffels, ens. Adam is lief vir die natuur en 'n groot boog jagter deesdae. Hy sal graag eendag ook sy eie plaas wil besit.

Min mense kan se dat hulle naam in die Guinness boek van wêreldrekords verskyn. Adam het 2007 in 24 uur by 41 verskillende plekke opgetree en so sy plek in die gesogde boek verdien.

Verder is die sanger baie beskeie en glo sukses lê in vroeg opstaan en laat gaan slaap, asook om twee keer harder as jou grootste teenstander te werk. Hy is altyd eerste om ‘n grappie te maak en is trots daarop dat hy eerste in sy Graad 1 klas gestaan het.

Adam Tas is deesdae ook die aanbieder van die gewilde tv program "Wild en Wragtag" op KykNet en gaan ook eersdaags te sien wees in die fliek "Die spook van Uniondale".

Van Adam se grootste vertonings bly Skouspel in die Sun City Superbowl alhoewel die klein teater optredes die lekkerste bly omdat dit so intiem is en hy kan sien hoe sy liedjies mense raak.

Adam Tas se nuwe album "Want jy is boer" gaan verseker 'n paar trane trek.

Met ‘n nuwe album en ‘n besonderse liefde vir Afrikaanse musiek kan ‘n mens nog groot dinge van Adam Tas verwag.

Al Adam Tas se CD's is moontlik beskikbaar op kalahari.com, takealot.com of op iTunes.

Vir besprekings doeleindes aleenlik kontak vir Caren by 082 326 8272082 326 8272.
Weeksdae tussen 9uur - 4uur of stuur e-pos na
Caren van der Merwe

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


 


 
 


 


 
 

 


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
 
 
 
 
 
 

 
 
 
 
 
 
 
         
       
   
 


 
 
 
 
 
 
   
       
 
 
 

 
 
 
                 
 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
 

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden