Radio SAM Music Club

Dewald Wasserfall


 


 
 


 


 
 
 
 

 

 
 


 

DIE RISIKO VAN SOEN
(Dewald Wasserfall / Johan Vorster)

Soen my, verbeel jou dis nog somer
Ons kan jonk bly, oud word in ons drome
Ons kan liefkry
Jy weet nie wat jy mis nie
Want jy weet nie wat jy het nie

Soen sonder seerkry
Sonder om te huiwer
As jy voel die
Liefde trek jou stywer vas
Jy weet nie hoe om dit te keer nie
Want jy, jy't nog nooit als verloor nie

Soen my sonder om te dink
Ons doen net, gaan net met jou instink
Dis alles oor jou

(en hou my net) styf vas, my hart sit diep binne jou
Lyf vas, dis net ek en jy
En daar's soveel meer wat ek wil doen
Dis die risiko van soen

Wat is jou geld werd
As jy nie liefde het nie?
Is dit als werd
As jy nie eers probeer nie
Gee jou hart weg, dis niks as jy nie glo nie
Want jy het niks om te verloor nie

Soveel meer wat ek nog met jou lyf wil doen
Met jou hart en met jou siel, soveel meer as soen
Dis ek en jy teen hierdie wereld ons moet net probeer
Om vas te hou, want die liefde sal leer

 


 


 
 

 
 
 
 
 

STROOM OP EN BEEN-AF
(Dewald Wasserfall)

Hoeveel keer het ek jou laat verbygaan?
Hoeveel keer wou ek jou hier hou?
Was ek in my selfsug so verblind en so verdwaal?
Hoeveel keer het jy my hier kom haal?

Leer my hoe om jou nie te verloor nie
Wys my hoe om jou by my te hou
Jy wys my wat is liefde, hoe dit brand as dit verdwyn
Waar jy is, dis daar waar ek wil bly

En ek sal jou hart by my veilig hou
En my geheime by jou vertrou
Ek is stroom-op en been-af oor jou
Ek is stroom-op en been-af oor jou!

Soveel keer sal ek vir jou belowe
Soveel keer sal ek dit bly sê
Jy wys vir my in stormwater waarheen ek moet gaan
Sonder jou sal ek nie kan bly staan

Ek sien jou lig
Dit brand in my
Ek asem in
Maar dit gaan verby

Dit vloei, dit pyn
Maar dis soet soos wyn
Dit bring die waarheid oor my pad
So werk net mooi met my hart!

 

 


 


 
 


 


 
 
 


 
 

 
 


 

KERK VAN TEER
(Dewald Wasserfall)

Daar's 'n hele wye wêreld daar buite as jy net probeer
Die heelal se geheime opgeteken buite jou voordeur
So asem al die lewe in wat om jou lê
Soveel meer as wat ek jou kan sê

Want jy maak my vry
Maar dis net jou spore wat agterbly
En as jy gaan, moet jy gaan in styl
My katedraal is hierdie highway
My kerk van teer
My huis is die lang pad

Daar's 'n hele wye wêreld daar buite as jy net wou weet
Soveel meer as waaraan jy jou lewe lank jou blydskap meet
Geld is net papier, dit koop nie liefde nie
En jy weet ek soek jou eerder nou net hier

Want jy maak my vry
Maar dis net jou spore wat agterbly
En as jy gaan, moet jy gaan in styl
My katedraal is hierdie highway
My kerk van teer
My huis is die lang pad


 

 

 


 

Vir amper 20 jaar al is Dewald Wasserfall se wêreld so te sê oorheers deur musiek, en oor die afgelope dekade het hy in ’n suksesvolle en hoogs
gerespekteerde sanger en liedjieskrywer ontpop.

Liedjies skryf is in sy bloed. Op die jong ouderdom van 12 het Dewald alreeds sy eerste liedjie geskryf. Ná matriek het hy sy talent na die destydse Pretoria Technikon geneem en sy algemene bekwaamheid verder geslyp deur ’n diploma in vermaaklikheidstegnologie te verwerf.

Dubbeld gekwalifiseer, beide op papier en met loutere talent, het hy die volgende vier jaar sy groep Wasserfall gelei, en twee albums, insluitende die treffers Suikerbos en All About Me, vrygestel – onderwyl hy liedjies geskryf het vir sommige van Suid- Afrika se grootste sterre, soos Jay, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk en Lianie May. “My grootste vyand is ek self,” lag hy. “Ek kan nie stilsit nie. Wanneer ek nie slaap nie, hol ek rond en voeg verkieslik nuwe idees en kleure by my progressiewe musieksmaak.”

Sedert 2010 bou Dewald aan ’n suksesvolle solo-loopbaan. Hierdie perfeksionis, professioneel tot die murg toe, het twee jaar lank aan sy langverwagte solo-debuut, 2012 se Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde, saam met medeskrywers en tydgenote Johan Vorster en Ewald Coleske, gewerk. Beide die titelsnit, Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde en die tweede enkelsnit,
Eendag As Ons Groot Is het die nommer 1 posisie op verskeie radiostasies reg oor die land bereik.

Tydens 2013 se Innibos Kunstefees in Nelspruit is Dewald voor 30 000 mense op die hoofverhoog verras met die feit dat sy album goue status bereik het en hy is ook daar en dan uitgenooi om deel te wees van die Afrikaans Is Groot-konsert. Intussen het hierdie album platinum status bereik vir verkope van meer as 40 000.

2014 merk die uitreik van sy tweede solo album getiteld, #EkEnJy, wat reeds binne drie maande goue status bereik het. Die 15-snit album met sy eiesoortige lirieke en melodie wat Dewald se stempel afdruk saam met skrywer Christoph Kotzé en die bekroonde Johan Vorster.

“Ek is deesdae baie gefokus op my eie materiaal,” vertel hy. “Soveel so dat ek gesnoei het aan die tyd wat ek deurbring om saam met vriende en medekunstenaars te skryf, en in die laaste tyd eerder daardie energie in my eie werk probeer inploeg.” Om ’n bietjie selfsugtig te wees blyk om hom in die proses meer vrygewig te maak – sy waarderende aanhangers vind immers
baat daarby.

Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde is liries gelaai en melodies ryk, en trek steeds nuwe aanhangers aan elke keer wanneer Dewald die lang pad met sy musiek aandurf. ’n Bonus vir ou bewonderaars is die insluiting van die lewendige gunsteling, My Hart Se Hongersnood, op die album. Karlien van Jaarsveld het ook haar stem tot die onmisbare applouswekkende snit
gevoeg, wat dit tot ’n hele nuwe vlak van genot neem.

2014 merk die suksesverhaal van sy loopbaan en hy was ook weer te sien by Afrikaans Is Groot – Die Konsert in beide Pretoria en Kaapstad. “Ek’s trots Afrikaans,” sê hy. Hy besef dat sy aanhangers regoor die land nie net totaal toegewyd is aan waar hy vandaan kom nie, maar ook selfs nog meer belê in waarheen hy op pad is .In April 2013 het hy ook die gesogte Beste
Nuweling toekenning by die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings ingepalm. Hy is ook genomineer vir nie minder as drie Huisgenoot Tempo toekennings – Nuweling van die Jaar, Beste Kontemporêre Album en Beste Musiekvideo waar hy ook met die Tempo vir Nuweling van die Jaar weggestap het.

Pop, rock, akoesties of melodies – elke beskrywing van Dewald Wasserfall se sterkpunte, en hoe en waar hy sy musiek sien inpas, is allermins meer of minder gegrond op een spesifieke genre. “My materiaal is uniek,” beklemtoon hy.

Wat #EkEnJy selfs meer boeiend maak vir nuwe en jarelange getroues, is Dewald se aandag aan detail en sy fokus daarop om slegs die mees uitmuntende vervaardigingswaardes tot sy skeppings te voeg. “Kwaliteit is die sleutel,” bevestig hy. “Gehore kan en moet krities en veeleisend wees. As ’n musiekliefhebber weet ek ék is, en dit is iets wat ek waardeer. Ek wil my beste werk lewer, elke keer, in antwoord daarop.


Om terwyl hy toer kennis te maak met die mense wat na ’n Dewald Wasserfall vertoning kom kyk, is een van die baie aspekte wat hy geniet, te midde van ’n leefstyl wat soveel vereis van kreatiewes. “Ja, ek bring baie tyd deur op toer,” gee hy toe, “maar al is dit moeilik om vêr van die huis te wees vir lang tye op ’n slag, stroom die beloning aand ná aand in. Ek kry soveel
bevestiging, elke dag, dat wat ek doen mense aanraak – op ’n vlak wat my inspireer om vol te hou om die beste, mees genotvolle en onvergeetlike musiek moontlik te maak.”

Aanhangers ondersteun Dewald, die wenner van vele toekennings, steeds as ’n kunstenaar wat applous en bewondering verdien. “Ek weet nie mooi hoe ek doen wat ek doen nie,” sluit hy af, “maar ek is ongelooflik dankbaar vir elke aspek van my lewe. Dit gee my die geleentheid om al die gunste wat aan my bewys is, terug te gee elke keer as ek opstaan om op te tree.”

 


 


 
 
 


 


 


 


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

GEBORE OM TE LEWE
(Der Graff / Verlage / Dewald Wasserfall / Johan Vorster /Christoph Kotzé)

Sien jy die wêreld ?
Raak jy ook bang?
Wat is die prys om ’n lewe te vervang?

Volg jy die skare?
Of is jy nog jy?
Sal jy kan opstaan?
Of staan jy in jou ry?

As alles stil raak
Hoor jy nog die geraas?
Besef jy weer van voor af
Ons is skaduwees en as?

Met jou laaste asem
Sal jy dit kan belei?
Ons moet vir hierdie lewe
En vir ons identiteit baklei

Ons is gebore om te lewe
Met 'n reg om te bestaan
Te droom en te vergewe
Maar ons het langs die pad verdwaal

Gebore om te lewe
Maar wat's ’n lewe werd?
As ons dan net so maklik
'n Lewe kan verwerp

Voel dit vir jou onheilig
As jy elke dag moet sien
Hoe ons elke dag baklei
Net om die lewe te verdien?

Die waarheid moet jy uitskree
Daar's iemand wat dit hoor
Daar's baie wat soos jy voel
Daar's niemand wat alles wil verloor

 
 
 
 

 


 

AMSTERDAM
(Dewald Wasserfall)

Voor die winter verbygaan
Voor jy weer van my weggaan
Bly naby my, my lief
Ek wil jou veilig hou

Hou jou hand oor die water
Hou jou beloftes vir later
Onthou my as jy my weer sien
En bring my terug na jou

Dis hier waar ek verlang
Hou vas aan alles wat jy kan
Jy weet dis hier waar ek wil wees
Dis in die warmte van jou hart
Dis in die kleure van jou siel Amsterdam

Deur die strate se stilte
Deur jou winter se koue
Sê my wat sien jy dan in my
Sien jy meer as die seer wat in jou bly

En ek voel jou
Maar jy leen net jou hart vir my
Net vir nou, maar ek sal kan vashou
Want dis hier waar ek my hart kry

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
 

EK EN JY!
(Johan Vorster / Christoph Kotzé)

Ek voorspel
Verspreide donderbuie oor jou hart en vel
Dis hier waar ek besef jy is dalk meer
Dalk meer as net my beste pel
Hoe lank moet ek nog wag voor ek jou bel?
Want ek soek meer
Die liefde en die blydskap en die bitter seer
En dag vir dag jou soen net soos die eerste keer
Net soos die eerste keer
Die woorde staan al lank hier teen my hart se deur
Is dit te vroeg om te sê ek is lief vir jou?
Is dit te veel om te vra dat jy van my hou?
Ek is gebore net vir jou
En dis nou hier waar ek se hoe ek oor jou voel
Dit is 'n wilsbesluit, ek sê dit met gevoel
Ek is gebore net vir jou
Ek verstaan
Alles wat jy sê al bly jou lippe stil
En jy hoef nie te vrees, solank jy weet ek wil
Solank jy weet ek wil
Dis distinktief, en dit maak die verskil
Sal jy my ken met die ligte uit?
My binne hou as die koue byt?
En my kan troos met die warm van jou lyf?

 
 

 




 
 
 
 
         
       
   
 
 
 
 
 
 
 
   
       
 
 
  This Site Is Managed By Radio SAMS South African Music  
 
 
                 
 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
 

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden