Radio SAM Music Club

Joe Foster

PAD NA JOU HART: W&M: JOE FOSTER

Wag vir my, dis nog nie te laat nie. Hierdie pad mag dalk nog lank word. Maar ek is nie bang nie. Vergewe my, my hart was koud, eenvoudig net swaar. Ek was grof en onafgewerk maar ek’s nog nie daar nie. OP PAD NA JOU TOE. OP DIE PAD NA JOU HART TOE. DIS HIER WAAR EK GAAN SORG DAT EK JOU MAN GAAN WORD. OP PAD NA JOU TOE, OP DIE PAD NA JOU HART TOE. DIS HIER WAAR EK GAAN LEER OM WERKLIK LIEF TE WEES. OP PAD NA JOU HART. Sit terug. Sit terug en hou vas. Hierdie pad waarop ons saam loop het sy op en af. Laat my toe as ek op my knieë voor jou deur kom staan. Op die pad na jou hart moes ek leer dat dit eintlik jou hart is, wat hulp vra. OP PAD NA JOU TOE. OP DIE PAD NA JOU HART TOE. DIS HIER WAAR EK GAAN SORG DAT EK JOU MAN GAAN WORD. OP PAD NA JOU TOE, OP DIE PAD NA JOU HART TOE. DIS HIER WAAR EK GAAN LEER OM WERKLIK LIEF TE WEES. OP PAD NA JOU HART. As ek jou hand vat sal jy saam my kan kom. As jy my toelaat mag ek jou dalk verstom en ek belowe jou jy sal hierna niks ooit kort. As ek jou man kan word. OP PAD NA JOU TOE. OP DIE PAD NA JOU HART TOE. DIS HIER WAAR EK GAAN SORG DAT EK JOU MAN GAAN WORD. OP PAD NA JOU TOE, OP DIE PAD NA JOU HART TOE. DIS HIER WAAR EK GAAN LEER OM WERKLIK LIEF TE WEES. OP PAD NA JOU HART

RIDDER: W&M: JOE FOSTER

Ek kan jou belowe,  jy soek meer as ’n man van staal. Jy’t ’n behoefte vir liefde. Nie net ’n hero wat jou kom haal uit ’n sprokiesverhaal, uit ’n sprokies verhaal. Want ek is nie, EK’S NIE ’N RIDDER ’N RIDDER OP ’N WIT PERD NIE. EK’S NET ’N MAN MAAR EK’S JOUNE. EN EK BELOWE TOT DIE DOOD TOE SAL EK VEG VIR JOU, VIR JOU, VIR JOU. MAAR EK’S NIE ’N RIDDER NIE. Ek’s net ’n man. Ek’s net ’n man wat sy hart wil volg, en ek volg dit net na jou toe. Al wil jy my verander en my laat verdwaal, in jou sprokiesverhaal. In jou sprokiesverhaal. EK’S NIE ’N RIDDER ’N RIDDER OP ’N WIT PERD NIE. EK’S NET ’N MAN MAAR EK’S JOUNE. EN EK BELOWE TOT DIE DOOD TOE SAL EK VEG VIR JOU, VIR JOU, VIR JOU. MAAR EK’S NIE ’N RIDDER NIE.

Joe Foster is ’n opwindende nuwe klank in die Afrikaanse musiekmark. Hy noem dit Hartklank. Daar is min musikante van sy kaliber wat so gemaklik agter ’n klavier kan inskuif en van daar ’n wonderlike musikale vertoning, met stem en klavier kan lewer. Joe se besondere mooi stem en sy opwindende melodieë en lirieke maak dat sy musiek inderdaad musiek uit die hart is. Hartklank is ook die titel van Joe se heel eerste solo-album wat nou sopas vrygestel is.

Joe se liefde vir musiek kom reeds van kleins af. Sy ma was ’n musiekonderwyser wat hom vroeg al touwys gemaak het en reeds voordat hy skool toe is, het musiek hom geroep. Kleintyd het hy begin met klavierlesse en as jong musikant was hy ook die musiekleier van ’n paar gemeentes soos die NG gemeente Quellerina en ook klavier begeleier en item sanger by die bekende Mosaïek gemeente.

Joe het sy heel eerste musiekstudio ingerig toe hy nog op skool was, en dit was dus ’n logiese keuse dat hy opleiding wou ontvang as klankingenieur. Hy skryf in 2002 in vir ’n kursus in musiekvervaardiging en klankingenieurswese aan die SAE Tegnologie Kollege in Amsterdam, Nederland. Nadat hy sy studies voltooi het, doen hy vir ’n paar maande praktiese ondervinding op in ’n musiekstudio in Köln, Duitsland. Daarna is hy weer vir ’n paar maande terug na Nederland voordat hy uiteindelik huis toe gekom het.

Na sy terugkeer na Suid-Afrika, fokus Joe veral op die vervaardiging van musiek en hy help onder meer vir Karen Wessels om haar CD,  Hoe durf jy? op te neem. Toe die geleentheid opduik om in 2010 by die mansgroep ADAM aan te sluit, gryp Joe hierdie kans met albei hande aan en vir drie jaar was hy deel van hierdie baie gewilde popgroep. Uit Joe se pen het ’n hele rits van ADAM se grootste treffers gekom. Liedjies soos “Gebore om jou lief te hê”, “Hartklop,” “Sonder” en “Mooiste Melodie” is alles deur hom geskryf. Joe skryf ook die temalied vir die baie suksesvolle Afrikaanse fliek, Pad na jou hart en die liedjie met dieselfde titel is reeds vir maande lank op verskillende treffersparades. Joe is ook in 2014 genomineer vir ’n Ghoema-toekenning as Liedjieskrywer van die Jaar vir “Pad na Jou Hart”. Hy hoop om vorentoe in sy loopbaan sommer nog baie musiek vir rolprente te skryf.

Joe het ADAM in Oktober 2013 verlaat en besluit om hom op sy eie sololoopbaan toe te spits. Uit die ADAM ervaring het hy veral baie van die verhoog geleer en hoe om as kunstenaar ’n lekker wisselwerking met ’n gehoor te bewerkstellig. Deesdae is hy ewe gemaklik voor ’n klein intieme gehoor, of ’n reuse skare. Sy  stem het ook in hierdie tydperk geweldig gegroei en by dit alles is sy eie kreatiwiteit uitgedaag. Hy het nie gehuiwer om hierdie uitdaging aan te durf nie en die rits treffers wat uit sy pen verskyn het, getuig hoe suksesvol hy daarmee was. Joe se insluiting as solokunstenaar in 2014 se Huisgenoot Skouspel en die Innibos Fees se hoofprogram kan getuig van die topgehalte musiek wat hy maak en sy toenemende gewildheid as musikant.

Joe se eerste CD, HARTKLANK, behoort Augustus hierdie jaar in die winkels te wees. Hy stap tans ’n pad saam met die ervare Coleske broers wat hom help met die vervaardiging van sy CD en hy is oortuig daarvan dat hierdie musiek, wat inderdaad musiek uit sy hart is, vir hom baie deure sal oopmaak.  Joe se vertonings is besonder gewild by feeste en ook as deel van korporatiewe geleenthede, en hy hou self baie daarvan om in die intimiteit van ’n kleinerige teater sy hartsmusiek te maak. Joe het ook ’n orkes wat gereeld saam met hom optree.

Joe se eerlike lirieke getuig van lewenservaring en ’n behoefte om hierdie lewenslesse wat hy langs die pad leer, eerlik en opreg met sy luisteraars te deel. Een ding wat Joe op die harde manier moes leer, is om geduldig te wees en te wag dat die tyd ryp is vir sekere dinge. Sy lewensfilosofie is om telkens langs die pad stil te staan en ’n bestekopname te maak om so seker te maak dat hy die heeltyd vorentoe beweeg. Uiteindelik hoop hy om ook as solokunstenaar die platinummerk met die verkope van sy CD’s te haal. Met musiek wat uit sy hart uit kom, hoe anders?

Met Ghoema lied van die jaar as skrywer en 'n treffer album agter sy naam, beloof 2015 en 2016 om nog groot jare te wees vir Joe Foster.

OPSTAAN: W&M: JOE FOSTER

As die lewe vir my ’n verkeerde kaart deel, sal ek hom speel al moet ek voorgee dat ek weet wat ek doen. Want die lewe is te kort. Wag net ’n bietjie, ek moet nog leer hoe om ’n kind te wees voor ek dit vergeet. Ja, gister is verby. More is ’n mite wat ek vertel om myself op te tel as vandag my teleurstel. Ek weet daar’s ’n rede waarom ek lewe. Ek gaan nog vind hoekom hierdie  woorde my hieroor laat dink. As jy val, moet jy opstaan as jy kan. WANT DIS IN DIE OPSTAAN AS JY VAL. DIS AL HOE JY SAL VERSTAAN WAT DIT IS WAARDEUR JY MOET GAAN OM OP TE STAAN. DIS IN DIE LIEFDE, DIE TWYFEL EN PYN WAARDEUR JY MAAR NET MOET GAAN OM WEER OP TE STAAN. Ja die dinge van die lewe maak my ontevrede. Hou my terug totdat alles eers ontwrig voordat ek kan verander. Ek vat ’n bietjie langer. Ek word ’n bietjie sagter. Ek dink ’n bietjie harder wat my gelukkig gaan maak, gelukkig gaan maak. WANT DIS IN DIE OPSTAAN AS JY VAL. DIS AL HOE JY SAL VERSTAAN WAT DIT IS WAARDEUR JY MOET GAAN OM OP TE STAAN. DIS IN DIE LIEFDE, DIE TWYFEL EN PYN WAARDEUR JY MAAR NET MOET GAAN OM WEER OP TE STAAN.

VOEL JY MY HARTKLOP?: W&M: JOE FOSTER

Kom lê hier by my, so styf teen my maag of sy. Want ek wil fluister in jou oor wat jy werklik voel hier binne my. Dis stil hier by my. Net ek en jou hart en jy. Ek wil nader aan jou kom lê. Ek moet vir jou sê, sal jou altyd wil hê. VOEL JY MY HARTKLOP? DIS DIE KLOP  SOOS ’N HAMERHOU WAT LIEFDE BOU IN DIE VORM VAN JOU. VOEL, VOEL JY MY HARTKLOP? DIS DIE KLANK VAN ’N MELODIE SOOS EK JOU SIEN. MY LIEFDESIMFONIE, VIR JOU. Gee my net ’n kans. Ons maak dan so mooi balans. As jy kon voel wat ek nou voel waar jy langs my lê sou jy ook kon sê. VOEL JY MY HARTKLOP? DIS DIE KLOP  SOOS ’N HAMERHOU WAT LIEFDE BOU IN DIE VORM VAN JOU. VOEL, VOEL JY MY HARTKLOP? DIS DIE KLANK VAN ’N MELODIE SOOS EK JOU SIEN. MY LIEFDESIMFONIE, VIR JOU.

OPSTAAN: W&M: JOE FOSTER

As die lewe vir my ’n verkeerde kaart deel, sal ek hom speel al moet ek voorgee dat ek weet wat ek doen. Want die lewe is te kort. Wag net ’n bietjie, ek moet nog leer hoe om ’n kind te wees voor ek dit vergeet. Ja, gister is verby. More is ’n mite wat ek vertel om myself op te tel as vandag my teleurstel. Ek weet daar’s ’n rede waarom ek lewe. Ek gaan nog vind hoekom hierdie  woorde my hieroor laat dink. As jy val, moet jy opstaan as jy kan. WANT DIS IN DIE OPSTAAN AS JY VAL. DIS AL HOE JY SAL VERSTAAN WAT DIT IS WAARDEUR JY MOET GAAN OM OP TE STAAN. DIS IN DIE LIEFDE, DIE TWYFEL EN PYN WAARDEUR JY MAAR NET MOET GAAN OM WEER OP TE STAAN. Ja die dinge van die lewe maak my ontevrede. Hou my terug totdat alles eers ontwrig voordat ek kan verander. Ek vat ’n bietjie langer. Ek word ’n bietjie sagter. Ek dink ’n bietjie harder wat my gelukkig gaan maak, gelukkig gaan maak. WANT DIS IN DIE OPSTAAN AS JY VAL. DIS AL HOE JY SAL VERSTAAN WAT DIT IS WAARDEUR JY MOET GAAN OM OP TE STAAN. DIS IN DIE LIEFDE, DIE TWYFEL EN PYN WAARDEUR JY MAAR NET MOET GAAN OM WEER OP TE STAAN.

 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden