Radio SAM Music Club

Steve Hofmeyr




If You Could Read My Mind

You are the first to view this one. Small bonus from my new Country CD IF YOU COULD READ MY MIND. Kyk gou. Jy sal eerste wees!

Posted by Steve Hofmeyr on Monday, 16 November 2015







 





 
 
 

Steve Hofmeyr (gebore 29 Augustus 1964 in Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur. Sedert 2006 is hy ook die gasheer van die kykNET-program Dis Hoe Dit Is met Steve.

Nadat hy in 1982 aan Grey-kollege in Bloemfontein gematrikuleer het, het hy twee jaar lank militêre diens in die weermag verrig, waarna hy by die Technikon Pretoria se dramaskool gestudeer het. Hier het hy in 1986 'n diploma in drama behaal. In 1998 het Hofmeyr met die aktrise Natasha Sutherland getrou; die egpaar het twee seuns, Sebastian (gebore op 13 Desember 2001) en Benjamin (gebore in 2003). Hulle is sedertdien geskei. Steve het weer geluk gevind en is in Januarie 2014 getroud met Janine.

Hofmeyr se musiekloopbaan het reeds vroeg in sy lewe begin: hy het as jong seun in die kerkkoor gesing en reeds op elfjarige ouderdom begin om musiek te skryf.

In 1997 tree hy tot die internasionale musiekarena toe met die duet You Don’t Bring Me Flowers wat hy saam met die Belgiese superster Dana Winner vir sy album True to You opgeneem het. Hierdie snit is ook in Nederlands (Vroeger Bracht Je Bloemen)opgeneem en het die nommer twee-posisie in die Belgiese "Top 100" behaal. Alle kaartjies vir Dana en Steve se gesamentlike optredes op die verhoog in België en Suid-Afrika was uitverkoop. Een van Steve se eie liedjies was ook 'n treffer vir Dana in Europa.

Steve Hofmeyr het in 2001 deur Suid-Afrika getoer met Beautiful Noise wat die lewe en musiek van Neil Diamond uitgebeeld het. Hy het in dié jaar ook sy DVD met dieselfde titel uitgereik. Die toer was 'n groot sukses met 224 konserte waarvan al die kaartjies uitverkoop was. Van die liedjies wat Hofmeyr self geskryf het, is 150 reeds deur Suid-Afrikaanse en internasionale kunstenaars opgeneem.


Toekennings

  • 2003: ATKV Beste Onderhoud in 'n Tydskrifprogram: as onderhoudvoerder in die kykNET-reeks Dis Hoe Dit Is, wat in 2002 uitgesaai is.
  • 2004: SAMA-toekenning vir die bes verkopende kunstenaar vir die album Toeka (165 000 eenhede verkoop).
  • 2004 Solidariteit se "Grootste Bydrae tot Bevordering van Afrikaans"-toekenning.
  • 2005 (GMT)Geraas-toekennings: Beste verkope in 2004 (vir die CD Toeka 2).
  • 2005 (GMT)Geraas-toekennings: Liedjie van die jaar (Pampoen).

Rolprente

  • Kampus: Die Fliek (1986)
  • Agter Elke Man (1990)
  • No Hero (1992)
  • A Case of Murder (2004)
  • Bakgat 2 (2010) as 'n psigoterapeut.
  • Platteland (2011)
  • Pretville, 2012 as Eddie Elektriek
  • Treurgrond, 2015 as Lukas van Staden
Jaar
Titel Opmerking
1989 Desertbound Platinumstatus.
1990 Only Me Goue status.
1991 Steve Goue status.
1992 No Hero Klankbaan van die film No Hero, goue status.
1993 Tribute Platinumstatus.
1994 Die Treffers / The Hits Platinumstatus.
1994 Tribute, Vol.2  
1996 Decade of Steve Hofmeyr Goue status. Ook op video uitgereik.
1997 True to You Goue status
1997 Die Bloubul Song Enkelsnit, multiplatinumstatus.
1997 Close to You Enkelsnit.
1999 Southern Cross Goue status
2000 Beautiful Noise Multiplatinumstatus
2000 Grootste Treffers Vol.2 Platinumstatus
2002 Engele Om Ons Goue status
2003 Toeka Multiplatinumstatus
2004 Toeka 2 Multiplatinumstatus
2005 Grootste Platinum Treffers Dubbel-CD, multiplatinumstatus.
2006 Laaities en Ladies Goue status.
2007 Waarmaker  
2010 Duisend en Een  
2011 Haloda


Current Location
Pretoria, South Africa














































 

 



   








 
       

Page Layout © Copyright Radio SAM Music Club 2015.
This Site Is Managed By Radio SAMS South African Music


 
 
                 
 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
 

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden