Radio SAM Music Club

Andriette Norman


 
 


 


 


 
 
 
 

 

 

 


 
 
 
 


 
 

 


 


 
 


 


 
 

Andriëtte Norman

Verjaardag: 17 Oktober (1986)

Gebore en getoë:

Brackenfell, Kaapstad

Prestasies: Naaswenner,

SA Idols, 2007

Talle KKNK- en Skouspel-optredes

Toekennings:

Vonk-Rapportprys vir die Beste Kontemporêre Album deur ‘n sangeres (2009: Diamant)

Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Kontemporêre Album (2010: Vat my Hoër)

Diskografie:

Diamant  (2008)

Dink aan my  (2009)

Vat my hoër  (2011)

Wat rym met liefde (2013) 

Musieksmaak:

Rock, veral Def Leppard

 


 


 
 


 


 
 
 


 


 
 


 
7777777777777777777777777777
 

 
 


 
 


ANDRIËTTE NORMAN
Andriëtte Norman het reeds in 2007 as ‘n vars vokale vonds in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie begin woel. 8 jaar later hou sy steeds aan om musiekliefhebbers én resensente te verras met een puik album na die volgende.

Haar kenmerkende lae register verwissel moeiteloos met betowerende hoë note om nuutskeppings soos “Napoleon”, “Sewe oseane”, “Ons” en “Met ander woorde” - sowel as haar vertolkings van immergewilde gunstelinge - in harte, en ranglyse, regoor Suid-Afrika in te sing!
Oor die verstek van 4 hoogs suksesvolle albums – “Diamant”, “Dink aan my”, “Vat my hoër” en “Wat rym met liefde” - het Andriëtte die lirieke en melodieë van onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer, Vaughan Gardiner, Emil Struwig, Helmut Meijer, Chris Chameleon, Hunter Kennedy, Steve Hofmeyr en Fred den Hartog, sowel as haar eie skeppings, die lig laat sien.

Die albums is uitstekend ontvang, met “Diamant” en “Vat my Hoër” wat goue status behaal het, terwyl “Wat rym met liefde” die kerf van 40 000 verkope verbygesteek en só platinum status bereik het.

Te oordeel aan dié verkope, haar verskeie ranglys-treffers, sowel as die opkoms by haar lewenige vertonings regoor die land, is Andriëtte sonder twyfel een van Suid-Afrikaanse musiek se groot gunstelinge, met nog groter mylpale en hoër hoogtes in die visier!

Andriëtte se splinternuwe album, “Perel vir ‘n Kroon”, word eersdaags vrygestel.

BESPREKINGS Alice Gerber 071 604 9325 admin@andriettenorman.co.za www.andriettenorman.co.za
Vir enige navrae, kontak:
Tania Fourie

Untitled-2SELECT-MUSIEK –
SONY MUSIC SE AFRIKAANSE AFDELING

tania@select.co.za
(011) 274- 5000
 


 
 
 


 


 


 

Hoekom bly jy staan

Haar liedjie, Hoekom Bly Jy Staan (Napoleon) is deur Steve Hofmeyr geskryf. Die liedjie se refrein lui as volg:

Napoleon sou 'n wit vlag hys
'n Gentleman sou huis toe gaan
Die Pous sou jou sê jy's wys
Maar my liefling, hoekom bly jy staan

Die president sou op CNN; sy goedjies pak en huis toe gaan
De Wet sou Fleur (sy perd) omdraai
Maar my liefling hoekom bly jy staan,
ag my liefling hoekom bly jý staan.

 
 
 
 
 
 
 
 
 


 


 
 


 


 
 

 


 
 

 
 
 


 




 
 


 


 
 

Idols Season 4: Love Is All Around (2007)

  1. Love Is All Around
  2. Over The Rainbow

Diamant (2008, haar eerste CD)

  1. Hey Daar
  2. Black Velvet
  3. Sê Dit Weer
  4. Neem My Op Vlerke
  5. Hoekom Bly Jy Staan (Napoleon)
  6. Diamant
  7. Nou dat jy weg is
  8. Ek en jy
  9. You needed me
  10. Hart se punt
  11. Storm in my hart
  12. Be-ba-be-lula
  13. Chick keurspel (I love rock 'n roll, Fire, She's in love with you en If you can’t give me love.)

Dink Aan My (2009)

  1. Dink aan my
  2. Kom haal my
  3. Rock my weer
  4. Kom ek wys jou hoe liefde voel
  5. Stolen Moment
  6. Voor jy gaan slaap
  7. Sonder woorde
  8. Wens jy was nou hier
  9. Saam met jou
  10. Songbird
  11. Smile vir my
  12. SA keurspel (Special star, Jabulani, Vuli ndlela en Dance sum more.)

Vat My Hoër (2011)

  1. Vat My Hoër
  2. Warrelwind
  3. Sonder Jou
  4. As Jy My Wil Hê
  5. Is Dit Jy?
  6. Swart Sambrele
  7. Dinge
  8. Jy's Myne
  9. Elke Oomblik Vir Jou
  10. Asemloos
  11. Sy Soene
  12. Without You
  13. A Little Peace

Wat rym met liefde (2013)

  1. Sewe Oseane
  2. Wat Rym Met Liefde
  3. Val Vir Jou
  4. Jabul'ujule
  5. As Een En Een Twee Is
  6. In Love With You
  7. Met Ander Woorde
  8. Beter As Die Beste
  9. Asof
  10. Ons
  11. Sal Jy My Anthou
  12. Welkom In My Hart
  13. Party Dae
  14. Napoleon
 
 

 
 
 
 

 
 
 
 
 
 
 
         
       
   
 
 
 
 
 
 
 
   
       
 
 
 

 
 
 
                 
 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
 

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden