Met verskeie SAMA-nominasies en ’n Vonk/Rapport-toekenning op sy kerfstok, keer Pieter Koen terug met 13 kontemporêre redes om regop te sit, die ore te spits en goeie oorspronklike musiek waarmee ons almal kan identifiseer, te vier.

Hierdie ATKV- en Huisgenoot Tempo-vereerde TV-aanbieder en Jacaranda 94.2-platejoggie se agtste indrukwekkende album, Wat Die Hart Van Vol Is, maak vinnig opslae as sy beste versameling ooit.

Sedert 1997 is die vermaaklikheidswêreld al sy speelveld, maar dit was sy EMI Music trefferalbum, Skud Jou Biscuit, wat van Koen volksbesit gemaak het. ’n Dekade later spoor hierdie status, sowel as sy katalogus van agt albums en een DVD, hom steeds aan. En soos 2014 goed op dreef kom, verteenwoordig Wat Die Hart Van Vol Is die volgende hoofstuk wat bestuur is om ons gesamentlike vermaakswerklikheid op ’n magdom vlakke te beïnvloed.


Neem nou maar sy debuut, Run With Me, in 1997, waarna EMI hom aan boord geneem het vir sy tweede album, Skud Jou Biscuit, in 2004. Voeg daarby Welkom In My Wêreld in 2005, Tattoo in 2006, 3 Susters in 2008 en 3 Susters + Superman ’n jaar daarna. Volgende was daar sy debuut DVD-album, Tattoo Live, en die CD-bekendstelling van Haak ’n Bietjie Uit in 2010. “So baie het gebeur sedert ek my laaste album vrygestel het,” voeg Pieter by. “Tussen my TV-werk vir Jukebox en die aanbieding wat ek op Jacaranda 94.2 doen, is ek deur Hit Factory Records genader, en saam het ons die volgende hoofstuk van my musiek beplan.” Die eindproduk is ’n 13-snit vooruitsprong reguit na die toppunt van die trefferlyste, ’n plek wat Pieter goed ken en na aan die hart lê.

Vandag is hy bietjie ouer en heelwat slimmer, en vasbeslote om sy aanhangers ’n sy van homself te wys wat sy musiek nooit tevore vertoon het nie. Wat Die Hart Van Vol Is bied nie alleen goeie dansmusiek nie (Tydmasjien, Doenit Net, Die Een Ding Wat Ek Doen en Waar Lê Jy Vanaand), maar ook ’n dieper, weldeurdagte betekenis en gevoeligheid in snitte wat onmiskenbaar die werk is van ’n volwasse musikant en verhoogkunstenaar. “Toe ek saam met welbekende vervaardiger, Murray Lubbe, en bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, begin werk aan hierdie album was daar ’n fundamentele kopskuif wat ek wou hê vir my nuwe album,” verduidelik hy.

Die ander liedjieskrywers sluit Ampie du Preez, Vaughan Gardiner, Hugo Ludik en Reynardt Hugo in. Musikante Juan (Floors) Oosthuizen, Danny Smoke, Denny Lalouette, Vinnie Henrico, Ricus Nel en Matthys Maree het deel aan die produksie. Binne weke na die bekendstelling daarvan, is Wat Die Hart Van Vol Isgoed oppad na goue status. Dit is duidelik dat aanhangers Pieter se opwindende nuwe fase met ope arms ontvang.

“Ek is ongelooflik dankbaar vir elke oomblik tot nou toe wanneer die skeppingsproses my plat op die aarde gehou het,” erken Pieter. “Ek glo ek het myself as sanger weer gevind, en daarby is ek geweldig opgewonde oor die vooruitsigte daaraan verbonde.”

Van die pragtige opregte ballade Moenie Dink Nie Ons Doen Dit Net tot die radiovriendelike Man Van Staal, bied elke liedjie liriekbelaaide lesse wat aanhangers ter harte kan neem, en dan is daar nog die aansteeklike melodieë wat elkeen van die snitte op die nuwe album koester.

“Ek is al 13 jaar getroud en het drie pragtige kinders,” wys Pieter uit. “Omdat ek my repertoire verder uitbrei as die prettige, ligte sy van my persoonlikheid, kan ek saam met my bestaande gehoor groei terwyl ek my musiek vir die eerste keer aan selfs nog meer mense bekendstel. Met hierdie album kon ek net wees, en my persoonlike stempel op elke liedjie afdruk. Deur my eie perke te bepaal het ek myself uiteindelik voorberei om die reis vorentoe met my aanhangers te geniet.”

In ’n bedryf wat Pieter oor die laaste dekade help vorm het, is dit een ding om met aanhangers te skakel maar dit vereis ’n spesiale soort ster om hulle werklik te betrek en hulle aandag te behou. “Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het so baie gegroei vandat ek my debuut destyds in 1997 vrygestel het,” dink hy terug. Sedertdien het Pieter ook een van die land se min waarlik suksesvolle en veelsydige verhoogkunstenaars geword. “Ek het eers by musiek begin,” voeg hy by, “en toe gebeur TV en radio as gevolg daarvan. Elke aspek van my lewe voed die ander, en dit is dié deel waarvan ek die meeste hou.”

“My musiek is beter as gevolg van my radiowerk en die vier jaar wat ek al Jukebox aanbied,” gaan hy voort. “Elkeen vind baat by my mad-hatter begin in musiek sowel as by my meer gevestigde en subtiele temas en stemmings op Wat Die Hart Van Vol Is.

“Ek is lief vir wat ek doen en beoog om dit nog vir ’n lang tyd te doen,” dring Pieter aan. “As verhoogkunstenaar is ek nuuskierig oor wat my gehore dryf – veral as hulle my in die gesig staar,” skerts hy.

Wat hy doen as veelsydige vermaaklikheidspersoonlikheid maak van Pieter Koen ’n ekstrovert. Maar wie hy is en wat hom dryf as mens, word weerspieël in die 13 snitte op Wat Die Hart Van Vol Is. “Dit maak ’n mens nogal bang om meer van jou persoonlikheid bloot te stel,” erken hy. “Om nog ’n laag by te sit and dinge een trappie verder te vat, dit is waar ek nou is, en dit is verfrissend!”

Sy oupa was ’n lid van ’n boere-orkes, sy ma het gesing, en nou vat Pieter self die leisels oor, gretig om steeds sy merk te bly maak, al het hy reeds agt indrukwekkende albums en goueverkope agter sy naam. Party mense sê, “Uit die oog, uit die hart”. Dit lyk asof die toekoms net goeie dinge inhou vir Pieter Koen se aanhangers en sy musiek,  danksy hierdie keurige en geloofwaardige album. Voeg daarby die vooruitsig om Wat Die Hart Van Vol Is, asook meer as ’n handvol van sy ander treffers, binne die volgende jaar lewendig te siene en te hore te kry, en die lewe is lekker.

“Ek het verskriklik hard gewerk om weer te kan optel waar ek vertrek het met my laaste album,” gee hy toe, “en ek beplan om dit so te hou.” Wat Die Hart Van Vol Isis die gevolg van stemafrigting en introspeksie, tesame met ’n goeie dosis ligte pret – en jy kry die heel beste van Pieter Koen vandag. Wat môre inhou sal niemand weet nie, maar as hy enigiets daarmee te doen het, is dit gewaarborg om uitstekend te wees.

Wat Die Hart Van Vol Is is ’n perfekte weerkaatsing van waar ek nou is,” sluit hy af. Hy laat niks aan die noodlot oor nie – elke aspek van wat hom suksesvol maak is deeglik oorweeg en geskaaf, en in wese deel van ’n veelsydige, volledige vermaaklikheidspakket. Die eindresultaat is suiwer genot van begin tot einde!