Radio SAM Music Club

Karlien Van Jaarsveld

 
 


 
 






Steek asseblief hande op almal wat al Karlien se nuwe CD gekoop het… al 20 000 van julle… Te danke aan die gewildheid van die eerste treffer “Hande,” het “Uitklophou,” Karlien se splinternuwe CD reeds goue status in verkope bereik. En dit binne die eerste twee weke na uitreiking.

Sedert die premiere van die musiekvideo op Top Billing aan die einde van Julie, het dit reeds meer as 22 000 trefslae op youtube gehad. En mense is aan die praat oor hierdie ongelooflike liedjie wat handel oor die eenvoud van 'n verhouding. Jy hoef nie groot goed te doen of geld te hê nie - dit gaan net oor daardie manier wat jy aan iemand vat.

Met liedjies uit die pen van Karlien self, asook Johan Vorster en Christoph Kotze, kan bewonderaars verder uitsien na die duet met haar broer Bobby, “Toe ons jonk was,” en die 2013 Eurovision liedjie en titel van die album, “Uitklophou” saam met EDEN.

Met al hierdie blootstelling behoort die goue “Uitklophou” binnekort nog groter te wees met baie meer as 20 000 hande in die lug.





 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


Biografie

Karlien van Jaarsveld is die oudste van 3 kinders. Sy is die ouer suster van die reeds bekende Bobby van Jaarsveld. Karlien is nie ‘n nuwe gesig in die musiekbedryf nie.

Sy het 3 jaar gelede begin om saam met Bobby op te tree as sy kitaarspeler en backing vocalist. Sy het ook ‘n duet saam met Bobby gedoen op sy eerste album. Karlien het so 2 jaar gelede besluit om haar eie ding te doen en het toe ‘n rockband gestig, REVOLUSIE. Sy was dus die stigter en hoofsanger van die groep, REVOLUSIE. Rockmusiek was maar altyd in haar bloed en sy het die 2 jaar saam met REVOLUSIE beskou as een van die beste leerskole ooit.


Karlien het egter in Oktober 2008 besluit om solo te gaan met haar loopbaan en sy het REVOLUSIE verlaat.

Johan Vorster Songs het Karlien as kunstenaar ingeneem. Karlien se album “Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou” is uitgereik. Twee videos is ook geskiet van “Beter as Liefde” en “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. Karlien se album is alreeds vir ‘n hele paar weke onder die Top 5 verkopers op die DKNT ranglys. Die album se verkope het ook Platinum Status bereik.

Karlien verskyn ook in November in die nuwe Afrikaanse fliek Platteland saam met Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Jay & Lianie. Sy speel die rol van ‘n parmantige matriekdogter.

Sy is in 2011 vir 3 Tempo Toekennings benoem – Beste Nuweling, Beste Pop Album en Beste Vroulike Kunstenaar waarvan sy as Beste Nuweling benoem is.


Karlien is ook benoem in die Ghoema Toekenning vir die volgende kategoriee: Beste Vroulike Kunstenaar; Liedjie van die Jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”, Musiekvideo van die Jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”, Album van die Jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”, Beste Pop Album vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”.

Karlien is as wenner aangewys in die volgende kategoriee: Beste Vroulike Kunstenaar, Musiekvideo van die Jaar en Beste Pop Album.

Karlien is ook deel van ‘n nuwe Afrikaanse fliek wat in 2013 geskiet word.

Wees op die uitkyk vir Karlien van Jaarsveld!!!!

 




 
 
 Lys van liedjies op My Hartjie
  1. My Hartjie
  2. Geskeurde Jeans
  3. Woorde
  4. Jy is
  5. Go your own way
  6. Holding out for a hero
  7. Breek
  1. Daniel en Elia
  2. Lewe vir liefde
  3. Tot die perde eendag horings kry
  4. Voel weer
  5. Bitter Blue
  6. Dancing in the dark
  7. Kyk hoe glinster die maan/Stille waters
KARLIEN VAN JAARSVELD - JAKKALS TROU MET WOLF SE VROU

“Jakkals trou met wolf se vrou” gaan sorg dat Karlien Van Jaarsveld die Afrikaanse mark verder betower. Met vyf splinternuwe treffers is die album beslis ‘n sukses storie wat wag om te gebeur..

Die album bestaan uit agtien snitte waarvan sestien oorspronklik is . Dit is popmusiek op sy suiwerste met polsende klanke en sielvolle ballades en Karlien se sterk stem wat bydra tot die uitstekende eindproduk.


Beter as liefde en Jakkals trou met wolf se vrou is twee reuse treffers albei uit die pen van Johan Vorster. Die titelsnit is ‘n metafoor binne ‘n metafoor van die onverwagse draai wat die liefdespad kan loop. Beter as liefde is die eerste enkelsnit en weerspieël die geduld en passie van die hart en dien as bewys dat niks beter is as die liefde nie.

Verskeie van die liedjies kom uit Karlien se eie pen, wat insluit Daar’s ‘n Storm, Feëverhaal, Sonder Jou en Van Jaarsveldhartedief. Hiermee bewys Karlien dat sy nie net ‘n mooi gesig is nie maar ook ‘n talentvolle sangeres en liedjieskrywer

Karlien se droom vir die album is dat die musiek mense positief sal aanraak. ``Enigiets wat Johan aanpak is `n sukses en ek glo natuurlik dit gaan weer die geval wees.“


Daar het twee musiekregisseurs op die album gewerk. Juan ``Floors“ Oosthuizen was verantwoordelik vir die ballades en Robin Kielly was weer aan die stuur van die dansliedjies. ``Beide meesters in wat hulle doen en ek is baie tevrede met die eindproduk,“ sê Karlien.

Karlien maak ook later vanjaar haar debuut as aktrise in die musiekrolprent, Platteland. Twee van haar album se liedjies, Sweet Dreams en As die Gordyn Val, gaan op ‘n vars manier gehoor word in die fliek.

Met haar sagte hart en opgeruimde geaardheid gaan Karlien van Jaarsveld nog derduisende mense se harte verower!



 
 
 
 
 
 

Eers was daar "Jakkals trou met wolf se vrou." Platinum verkope. Toe volg sy dit op met “Uitklophou." Weer platinum verkope. So dis geen wonder daar heers soveel opwinding rondom die nuus dat Karlien van Jaarsveld besig is met die finale afrondingswerk aan haar nuwe album nie. Die album met die titel “My Hartjie” behoort binnekort op die rakke te wees en beloof om weer propvol treffers te wees, insluitende die titelsnit wat Karlien vir die eerste keer by die Afrikaans Is Groot konserte einde 2014 gesing het. En as die reaksie van die 80 000 konsertgangers enigsins ‘n aanduiding was van hoe groot die liedjie gaan wees, kan mens haar en haar produksiespan se opgewondenheid rondom die nuwe vrystelling verstaan.  

Die hoofskrywers op die nuwe album is weer Johan Vorster en Christoph Kotze, dieselfde span agter van haar vorige groot treffers soos “Jakkals trou met wolf se vrou” en “Hande.” Die nuwe album gaan ook ‘n toonvenster wees van hoeveel Karlien as kunstenaar gegroei het en ‘n kant van haar wys wat aanhangers tot nou toe nog nie gesien of gehoor het nie, sonder om afstand te doen van die kunstenaar wat ‘n liefling onder musiekliefhebbers en die media geraak het. Beide TV en radio is reeds bewus van die album en is reeds besig met beplanning rondom die promosie van “My Hartjie.” En met ‘n reuse media en publisiteitsveldtog wat saamgestel word, gaan die album die standaard vir record albumverkope sommer vroeg in 2015 al stel.

Vir meer inligting en gereelde nuus oor die vordering van die nuwe album, volg Karlien op twitter:  @KarlienVanJ















 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
         
       
       
       
 
 
   
 
 
                 
 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
 


Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden