Radio SAM Music Club

Fredi Nest


 
 
 
FREDI NEST


 

 
 

 

 
 


 

Nest het die volgende albums opgeneem:

  • Memory Train, 1995
  • Leave a Light On in, 1997
  • Wie Is Jy?, 1999
  • Goue Gunstelinge, 2001
  • Kom na my toe, 2003
  • Sê My, 2005
  • Hey DJ, 2006
  • Kom kry vir jou, 2007
  • Grootste Treffers LIVE (DVD), 2007
  • Vrystaat Limousine, 2008 SELECT
  • Dronkverliefverslaafaanjou, 2010 SELECT
  • Grootste Treffers, 2011 SELECT
  • Begin By My, 2012 SELECT
  • Desperado, 2014 SHIAM MUSIC
 


 


 
 

 


 


 
 


 


 
 

 


 


 
 


 


 
 
 
 
 
 
 
 
 

 


 
  • Genre
    Afrikaans
  • Band Members
    Fredi Nest
  • Hometown
    Pretoria
  • Record Label
    Nester Records
  • Short Description
    Kontak my vir navrae by fredinest.nest@gmail.com


  • Bio
    Fredi Nest is gebore in Johannesurg op die 25 ste Maart as die oudste van vyf kinders. Hy bring sy kinderjare gedeeltelik in Johannesburg en Durban deur. Soos met gebore musikante sing en bespeel hy die kitaar al van kleins af. Hoewel hy eers in sy dertigerjare besluit het om musiek sy loopbaan te maak, het hy maar deur die jare heen baie liedjies gekomponeer waarvan hyself en ander kunstenaars heelwat opgeneem het. Tot op datum het hy oor 200 geregistreerde komposisies in Afrikaans en Engels. Vandag word Fredi Nest beskou as een van die land se beste skrywers van ligte musiek. Hy en ‘n hele handvol van ons voorste kunstenaars spog met verskeie treffers uit sy pen. Hy is baie trots daarop dat hy sy vertonings 100% oorspronklike werk is. By uitsondering sal hy op aanvraag iets van ‘n ander kunstenaar sing.

    Fredi se musiekloopbaan het die afgelope drie jaar ongelooflik gegroei nadat hy by Select-Musiek aangesluit het. Sy laaste drie albums het almal goue status behaal. In 2007 het hy die SAMA verower in die afdeling ‘Beste Afrikaanse country-album’. Hy het al verskeie musiektoekennings ontvang. Die nuutste is in Februarie wanneer hy ‘n country-toekenning vir ‘Brother come home’ ontvang.

    Fredi het onlangs sy agtste cd en eertse dvd voltooi. Sy albums is:
    Memory train met die groot treffer "Listen to me" wat 'n toekenning gekry het vir die mees gespeelde liedjie in 1995. Al 10 liedjies hierop is oorspronklike Engels.
    Leave a light on in 1997. Hierdie album bevat 14 werke van Fredi waarvan 9 Engels en 5 Afrikaans is. Dit is die eerste maal dat hy in Afrikaans skryf en sing.
    Wie is jy in 1999. Van die 15 snitte is 13 oorspronklik, 7 Afrikaans en 6 Engels. Hy doen duette met Anneli, Jani en Marilize Lombard.
    Goue Gunstelinge in 2001. Vir die eerste maal doen Fredi covers op hierdie kommersiële album. Hy sing onder andere werke van Chris de Burgh en ook die Bee Gee's en kan jy duidelik hoor waarom hy bekend staan as die Suid Afrikaanse Chris de Burgh. Een van die 21snitte is oorspronklike Afrikaans en nog 4 oorspronklik Engels.
    Kom na my toe in 2003. Op hierdie album klink Afrikaans soos nooit tevore nie en neem Fredi se skryfkuns ‘n nuwe rigting. Die 9 oorspronklike Afrikaanse en 3 Engelse liedjies is bewys van Fredi se besondere talent. Die ander 8 is onder meer Bee Gee’s.
    Sê my in 2005. (Bereik goue status in Oktober 2006) Van hierdie album se 14 werke is 7 oorspronklik Afrikaans en ook ‘n Engelse een. Vir die eerste maal neem Fredi oorspronklike liedjies van ‘n mede Afrikaanse skrywer, by name Stef Kruger, op. Die ander 4 sluit in ‘n duet met Werner Beukes en ook ‘n Bles Bridgeskeurspel. Hierop is ook die twee groot treffers nl. Sê My en Getoor.
    Hey DJ! in 2006. (Bereik goue status in September 2007 en verdien ‘n SAMA-toekenning) Fredi sit die vorige album se klank voort met hierdie album. Hierdie keer het hy egter slegs die voor-produksie self in sy ateljee gedoen. Van die 16 snitte is slegs 2 deur ander skrywers, 3 het mede-skrywers en die ander is almal uit Fredi se eie pen. Daar is ‘n hele 9 splinternuwe Afrikaanse nommers.
    Kom kry vir jou in 2007. (Bereik goue status in Desember 2007) Op hierdie splinternuwe album skryf Fredi 15 van die 18 liedjies self. Twee daarvan kom uit die pen van Fredi en die trefferskryfduo Marc Brendon en Don Kelly. Hy het ook weer Words van die Bee Gee’s opgeneem. Soos met die vorige album is die voor-produksie deur Fredi in sy eie ateljee gedoen en die finale produk deur Robin Kielly, Byron Kuntz en Christie Schutte.
    Fredi Nest Grootste treffers – Live in 2007. Hierdie is sy eerste dvd-opname en bevat slegs oorspronklike liedjies van sy laaste drie cd’s. Vanaf die Sê my-album is daar 4, ook 4 vanaf Hey DJ! en van Kom kry vir jou ‘n hele 8. Die dvd is opgeneem in die Emperor’s Palace tydens ‘n gewone vertoning en Fredi se natuurlike verhoog- persoonlikheid kan ervaar word.



    Hier is ‘n paar interessanthede waarvan mense graag wil weet:

    Fredi woon in die Cullinan-distrik saam met sy gesin op ‘n stukkie grond met ‘n watertjie en stukkie berg waar hy besig is om woon, werk en speelplek met sy eie hande te bou. Hier bou hy vir homself ‘n ateljee waar nog baie treffers gebore gaan word. Hy is baie lief vir die natuur en diere en het 'n steekbaardbrakkie en ‘n paar gekruisde hondjies wat sy hart se punt is. Onder sy vele belangstellings is ‘n passie vir ou goed, daarom dat hy graag ou motors en enjins nuwe lewe gee. Hy besit sewe ou trekkers en ses veteraanmotors wat tussen 1936 en 1967 dateer waaraan hy restoureer wanneer hy tyd het. Dan vang hy baie graag vis wanneer hy nog tyd oor het.

    In die nagte wanneer normale mense slaap, is sy persoonlike kreatiewe tyd. Dis dan dat die muse hom besoek met ‘n nuwe melodie en gewoonlik sommer die lirieke ook. In Fredi se loopbaan wat oor 16 jaar strek het hy homself herhaaldelik as ‘n besonder talentvolle kunstenaar bewys. Sy sang- en skryftalent het ook tot sy reg gekom met twee liedjies wat in die internasionale mark gaan draai het. ‘Just a little love’ (gesing deur Natasja Lee, ‘n plaaslike meisie) is in ‘n internasionale fliek gebruik as temalied en ‘Sê My’ het Duitse woorde gekry met die titel ‘Küss mich’.


    Fredi is voortdurend besig om te skryf en skep en hy doen graag gewone dinge om hom na aan die aarde en sy aanhangers te hou.
  • Press Contact
 


 


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


 


 
 
 

 
 
 
 
 
 

 
 
 
 
 

 
 
 
 


 
 
 
         
       
   
 


 
 
 
 
 
 
   
       
 
 
 

 
 
 
                 
 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
 

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden