Radio SAM Music Club

Gerrie Pretorius


 
 
 


 


 
 
 
 

 

 
 


 


 
 


 


 
 

 


 


 
 
 
 
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 


 
  • Short Description
    Gerrie Pretorius is nie net een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars nie maar ook een van die jongste kunstenaars nog wat kan spog met 7 platinum toekennings en 'n SAMA nominasie!
  • Bio
    Gerrie Pretorius is nie net een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars nie maar ook een van die jongste kunstenaars nog wat kan spog met 7 platinum toekennings en SAMA genomineerde! Gerrie Pretorius se loopbaan begin ongeveer in 2001 met die vrystelling van Annemarie my skat, ‘n groot treffer wat vir Gerrie se eerste platinum toekenning sorg. Daarna volg nog albums en treffers soos Adio Amore en 7 sondes.
    Gerrie bewys ook sy veelsydigheid met ‘n Jazz album genaamd Swing (met musiek uit die 1950’s en 1960’s) van mense soos Dean Martin en Frank Sinatra. Gerrie ontvang verskeie toekennings op hierdie album !

    Gerrie Pretorius se veelsydigheid en gemak met sy gehoor maak hom baie gewild by die publiek. Hierdie Mosselbaaier tree ook gereeld oorsee op en is al ‘n gereelde gesig in Nederland. Sy mentor, vriend en regisseur is immers, George The, van die groep George Baker Selection Band, wat miljoene cd’s internasionaal verkoop het met treffers soos Paloma Blanca en Babby Blue. Gerrie het ook ‘n cd uitgegee in die laer lande waar hy ‘n duet sing met Anny Schilder voormalige sangeres van BZN.

    Gerrie het ook bewys dat hy nie van Suid-Afrika se eie legendes vergeet het nie met sy puik huldeblyk produksie aan Bles Bridges. Dit was een van 2007 se grootste sukses stories in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

    Gerrie Pretorius se voete staan plat op die aarde en is dit vir hom ‘n voorreg om te kan sing vir die mense van Suid-Afrika.
 


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


 


 
 


 


 
 

 


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
















 
 
 
 
 
 

 
 
 
         
       
   
 
 
 
 
 
 
 
   
       
 
 
 

 
 
 
                 
 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
 

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden