Radio SAM Music Club

Jak De Priester


 
 
 
 
 

 

 
 


 
 
 


 


 
 

 


 


 
 


 


 
 

 


 
 
 


 
 
 
 


 
Ek Reis na gister
  1. Reis na gister
  2. Hier kom die somer
  3. Tot die dood ons skei
  4. Lullaby vir Suid-Afrika met Laurika Rauch
  5. Eikelaan
  6. Ek lief jou al lank
  7. Gister nog 4 (vir Jamie)
  8. Lara (vir Jamie se eerste liefde)
  9. Ek sny dit af (vir Mija se toekomstige boyfriends)
  10. Bokkie waar’s jou hart?
  11. My pappa ry ‘n Chevrolet
  12. Jou grootste fan
  13. Kompleksdrama
  14. Ek lewe vir nou met Charlize Berg
  15. Lief en leed
  16. Bloed en vlees
  17. My lewe hier op aarde
 


 
16 Briewe
  1. Sally Williams Nougat
  2. Strate van my hart
  3. Brooklyn Poet
  4. Stellenbosch Lovesong
  5. Groen Mamba
  6. 16 Briewe
  7. Die liefde los ‘n spoor
  8. N1 van my hart
  9. Myne, myne, myne CD
  10. Reis na Gister











 
 

 


 
Jak de Priester is 'n Afrikaanse sanger, skrywer en TV-persoonlikheid. Jak se loopbaan het begin in 2003 na hy die ATKV Crescendo Kompetisie gewen het, dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld 'Sally Williams Nougat' op te neem.
 13 Jaar, 8 albums, 1 digbundel, ‘n koffietafel-woordkuns boek en verskeie verhoorgproduksies later is Jak se loopbaan steeds besig om te groei.

Jak is ook die skrywer en sanger van die temalied van die bekende Afrikaanse dramareeks ‘Binnelanders’ wat uitgesaai word op KYKNET, hy skryf ook die temalied vir die KYKNET programme ’10 uit 10’ asook ‘Reis na Gister’ waarvan hy ook die aanbieder is sedert 2012. Jak word ook genoem die ‘Brooklyn Poet’ omdat sy lirieke bekende landmerke bevat soos die ‘Groenkloof Spar’ en die ‘Brooklyn Mall’. Jak is bekend vir sy lirieke van sy musiek omrede dit gaan oor gebeurtenisse waarmee meeste mense hulself mee kan vereenselwig.

Jak is ‘n baie diverse kunstenaar (en akteur!) wat van dorp tot dorp toer met sy ‘band’ of pianis. Jak se vertonings is vol komedie, nostalgie en beste van alles ‘beautiful’ musiek!

 


 
  • Jak de Priester is een van die 4 kunstenaars wie deel is van die Johannes Kerkorrel Special wat op SABC 2 op 12 November 2004, ‘n jaar na sy dood uitgesaai word.
  • Verskyn in 2004, 2005, 2007, 2009 en 2011 by Huisgenoot Skouspel
  • Jak is ook deel van die suksesvolle produksie ‘Afrikaans is Groot’ sedert 2012
  • In Mei 2005 tree Jak saam met Nataniël by Royal Albert Hall in London, Engeland op asook in sy produksie “Nataniël and friends” in Emperors Palace, Gauteng.
  • Deel van 2007 se “Smokie/ Jacaranda 94.2” vertoning by die Innibos kunstefees.
  • Jak de Priester is die enigste jong kunstenaar wat gevra is om saam met Amanda Strydom, Coenie de Villiers en Nataniel te sing in die Hillbrow teater tydens groot liefdadigheids geleentheid vir MES.
  • Jak het ook verskeie kere sy vertonings geneem na London, Engeland asook Australië. Sy bekende liedjie ‘Sally Williams Nougat’ was in die Top 20 op ‘n Engelandse radiostasie.
  • Jak skryf die temalied vir die Tygerbeer Organisie vir getraumatiseerde kinders, en stel die lied bekend by ‘n groot geleentheid in Augustus 2008 met o.a die Minister van Gesondheid. In 2009 word Jak ook aangewys as ambassadeur vir hierdie organisasie.
  • Jak de Priester skryf en sing ook die temalied vir die gewilde Afrikaanse MNet drama, “Binnelanders” asook die program “10 uit 10” en “Reis na gister” op KYKNET
  • Jak de Priester is ook deel van Rapport se Musiek Maestro’s toer in 2009, 26 vertonings is aangebied regoor die land.
  • Een van Jak se gedigte ‘Onbekend’ word ook opgeneem in die nuwe ‘Die Groot Verseboek’ wat in 2009 vrygestel is.
  • Jak toer in 2011 saam met Koos Kombuis in ‘n produksie getiteld ‘Brooklyn Babalaas’
  • Hy is ook deel van Laerskool Hennopspark in Centurion se 30 jaar vieringe in die Staatsteater, as draaiboekskrywer en kunstenaar.
  • In September 2011 word Jak de Priester, as komponis van Afrikaanse musiek, vereer deur die ATKV tak Pretoria. Vorige ontvangers van hierdie toekennings was oa, Lucas Maree, Coenie de Villiers, Lize Beekman, Chris Torr (Laurika se man), Christa Steyn ens.
  • 2 van Jak se liedjies word ook opgeneem in die nuwe FAK Sangbundel – 75ste Herdenking en hy is ook deel van verskeie produksies vir die bekendstelling van die nuwe FAK.
  • Jak skryf ook ‘n rubriek getiteld ‘Pa se stem’ vir Baba & Kleuter sedert 2011.
  • Die liedjie ‘Sally Williams Nougat’ is verewig by die FAK se Liedjietuin by die Voortrekker monument in Pretoria
  • 4 van sy liedjies is in die gewilde Afrikaanse film ‘Semi-Soet’ gebruik as deel van die klankbaan
  • Jak de Priester was ook deel van die groot Jakaranda Innibos konsert in 2014 voor 50 000 mense.
  • ‘n Hoogtepunt vir 2015 is die duet getiteld ‘Lullaby vir Suid-Afrika’ wat Jak saam met Laurika Rauch opgeneem het vir sy nuwe album

Jak stel in 2014 sy eerste kinderalbum bekend asook kinder dvd van die musiekalbum in samewerking met die animasie kunstenaar Diek Grobler, verder toer hy deur die land na al die feeste en teaters met sy nuutste produksie ‘Jak de Priester – Ek reis na Gister’. Die nuwe cd met dieselfde title word bekend gestel in Maart 2015.

 
 


 


 


 



 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


 
Groen Mamba
  1. Shame, shame, shame
  2. Vervaldatum
  3. n Bietjie Liefde
  4. Daar’s ‘n vlag wat waai
  5. Groen Mamba
  6. Rebelleer of Molesteer
  7. Verjaarsdag song vir jou
  8. Brief aan my Baby
  9. Elvis is nie dood nie
  10. I am your child
  11. Song vir my lewe
 

 
 
 
 
 


 
Strate van my Hart
  1. Skrywer
  2. Sarah de Jager
  3. Strate van my hart
  4. Koerantpapier
  5. A.M.E.N Brother
  6. My hart is in intensive care
  7. About Love
  8. Strate van Desember
  9. Vreemdeling in Long Street
  10. Happy Sindane se song
  11. Kinders van die tyd
  12. Sanger
  13. Vaarwel
 
 
 

 


 
Die liefde los ‘n spoor
  1. Die liefde los ‘n spoor
  2. Erens in die klein Karoo
  3. Roer jou voete
  4. Hippie Haai
  5. Pretoria Blues
  6. Nes die weduwee se kruik
  7. Padwoede
  8. News Café
  9. Die oom song
  10. Gebed vir Mija
  11. God se kind
  12. Pajamdril Vastrap
  13. Intro
  14. Toerbus en ‘n trailer
  15. Stasie
  16. Totsiens Michael Jackson
  17. Emigreer
  18. Bloubul Kreet
 
td>
 

 


 
N1 van my Hart
  1. Fyn Lyn Skrif teen die muur
  2. As jy vir my smile
  3. Liefde van my lewe
  4. Die heel eerste dans
  5. N1 van my hart
  6. In ons bubble
  7. Rooi lippe
  8. Hiep-hiep-hoera
  9. SA Trein na Kaapstad
  10. In die arms van die klein Karoo
  11. 10 Jaar Gee jou hart vir liefde
  12. Pippie Langkous
  13. Karoo Gebed
  14. Brood
  15. Groen Mamba
  16. Roer jou voete
  17. Binnelanders
  18. Die liefde los ‘n spoor
  19. Sally Williams Nougat
 
 
         
       
   
 
 
 
 
 
 
 
   
       
 
 
 

 
 
 
                 
 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
 

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden