Radio SAM Music Club

Arno Jordaan


 

 
 


 


 
 
 
 

 

 
 


 


 
 


 


 
 

 


 


 
 


 


 
 

 


 


 


 


 


 
 

 


 
 
 


 
 
 

 
 

 
  BIOGRAFIE - ARNO JORDAAN

Arno Jordaan is in Port Elizabeth gebore en het aan die Hoërskool Brandwag as onderhoofseun gematrikuleer.  Arno se groot belangstelling was rugby,  en het hy die Oostelike provinsie verskeie kere by die Cravenweek verteenwoordig.

In 2003 het Arno en sy sangmaat, Susan mense laat regop sit met hulle vertoning in die Kyknet Zing- realiteits sangkompetisie.  Mense het begin kennis neem van die blondekop hartebreker wat nie net kan sing nie maar ‘n ware "entertainer" is wat harte steel.  Arno en Susan het die land vol getoer en verder mense by Aardklop in 2003 en KKNK in 2004 beïndruk.  Musiek het  die oorhand gekry en Arno het sy rugbyskoene in die kas gepak en sy musiekloopbaan volstoom aangepak.

Arno het nie op hom laat wag nie en het sy eerste solo-album "Altyd" uitgereik.  Die debuut album het soos soetkoek verkoop en Arno het dinge vandaar vir Arno baie vinnig begin gebeur. 

Sy persoonlikheid op die verhoog is iets om te ervaar en hy het die verhoog saam talle plaaslike bekendes onder andere Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Dozi en Pieter Smith opgetower.  Dit was veral vir hom ‘n eer om ‘n verhoog met die internasionale groep, "Smokie" te deel.

Arno is nie net ‘n bekwame sanger nie maar tree as ‘n seremoniemeester by enige geleentheid op, waar hy die gehoor met sy sprankelende persoonlikheid toor en hulle selfs met ‘n liedjie of twee kan bederf. Hy is dus baie gewild by onder andere skole wat hom nooi om hul kroningsgeleenthede aan te bied asook korporatiewe besighede.

Sy tweede album "Ek wil jou hê" het gevolg wat dan ook meer as 40000 eenhede verkoop wat platinum status is beteken het.

Hoogtepunte in Arno se musiekloopbaan, was beslis die eer wat hom te beurt geval het toe hy in 2007 genooi is om deel te wees van die Internasionale Rugby arena waar hy by meer as 6 geleenthede die volkslied moes sing by Rugby Toetse tussen die Springbokke.Asgevolg van sy besige skedule in die Afrikaanse musiek bedryf moes hy twee geleenthede na Australie en Nieu Seeland en Engeland van die hand wys om daar die volkslied te sing.  Hy was ook die uitgesoekte kunstenaar wat die tema lied van die Wereldbeker naamlik "The time is now" gesing het in 2007. Hierdie geleentheid het Arno alleen ‘n huishoudelike naam op meer as een gebied gemaak.

Dan was dit vir hom ook ‘n groot eer en voorreg om deel te wees van die 10 jarige bestaan van SKOUSPEL wat in Sun City aangebied is.

Sy vierde album, "Gee my" is uitgereik en  het binne die eerste dag van vrystelling cd goue status (20 000 eenhede) bereik en het dan ook baie vinnig daarna  platinum status (40 000 eenhede) bereik. Gee my is ook vir ‘n SAMA toekenning benoem.

Vir die laaste 8 jaar is Arno deel van die land se grootste Nasionale Kunstefees naamlik Die Innibos Kunstefees se hoof verhoog program wat per aand deur meer as 40 000 mense ondersteun word.

Arno het al verskeie oorsese optredes meegemaak om die Suid Afrikaners wat ge-emigreer het onder andere in Australia, Engeland,Dubai en Amerika te gaan vermaak.

Met sy laaste album "Stukkie van my hart" het Arno beslis ‘n stukkie van sy hart aan sy ondersteuners gegee.  Ook hierdie album het ondanks moeilike ekonomiese tye goue status bereik.

Arno het nou kragte gesmee met Coleske Artists en hulle is tans besig met die opname van ‘n nuwe album wat eersdaags die lig sal sien.  Dit beloof om die beste nog te wees van Arno!!!

 Arno het homself al oor en oor as ‘n ernstige en volwaardige kunstenaar bewys. Sy aanhangers is strek van werklik baie jonk tot baie oud en is sy konserte baie geskik vir die hele gesin en beloof dit waarde vir geld te wees!!

Hy is ook een van min Kunstenaars wat klink op die verhoog soos wat hy klink op sy cd.Hier volg ‘n paar lewendige snitte asook van sy musiek videos:


Lewendige opnames:

Jacarnada FM morning live:

http://www.youtube.com/watch?v=2hK1FQiRXX8

Jacaranda FM Morning live Engele:

http://www.youtube.com/watch?v=_x3UzOJK6Nk

Kurt Darren Innibosveld Fees:

http://www.youtube.com/watch?v=d1OK9omqW04

Videos:

Ek het plek vir Jou by My:

http://www.youtube.com/watch?v=yteXE9zLI8M&feature=relmfu

Engele:

http://www.youtube.com/watch?v=A-5JR38-OBo

In die Donker:

http://www.youtube.com/watch?v=cQ3zyyiIH-w&feature=related

Stukkie van Jou Hart:

http://www.youtube.com/watch?v=OGt9QNgYm9Q

Aan Jou vas:

http://www.youtube.com/watch?v=nMilK7pZIW8&feature=fvwrel

Gee My:

http://www.youtube.com/watch?v=0flWbGf2r3g&feature=relmfu

VIR MEER INLIGTING EN OPTREE KWOTASIES SKAKEL DEWALD OF VERA BY PJPROMOS OP

076 72 55 671 / 079 4999838

INFO@ARNOJORDAAN.CO.ZA

   

 

Meer oor arno jordaan


Die immergewilde Afrikaanse Superster, Arno Jordaan, se nuwe album is pas vrygestel, en net soos Arno dit kan doen, is hierdie trefferalbum met 15 splinternuwe snitte vol ritmiese, polsende energieke dansmusiek.

Met reeds 5 cd vrystellings sedert 2004, naamlik “Altyd”, “Ek wil jou hê”, “Wil jy iets sê”, “Beste Afrikaanse Treffers” asook sy laaste album “Gee my” op die winkel rakke het Arno homself bewys as ‘n kunstenaar wat hier is om te bly in die Afrikaanse musiekbedryf. Twee van sy albums het reeds goue status bereik, en laasgenoemde, “Gee my” het platinum status bereik. Arno is ook met die vorige album “Gee my” vir ‘n SAMA toekenning genommineer in die kategorie beste Afrikaanse dans album. In 2009 maak Arno sy buiging in Huisgenoot Skouspel by Sun City se Super Bowl wat hom in die elite groep van Suid Afrika se top kunstenaars vestig.

Die nuwe album spog met werk van ons land se top liedjie skrywers onder andere Rudi Claase, Christiaan Kritzinger, Ampie du Preez, Murray Lubbe, Johan Vorster asook Werner Beukes. Arno het soos oudergewoonte groot deel gehad in die skryf van die werk op sy album.

   
 
 


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


 
 
 




 


 
 

 


 
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
 
 
 
 
 
 

 


 












 
 
 
 
 
         
       
   
 


 
 
 
 
 
 
   
       
 
 
 

 
 
 
                 
 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
 


Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden