|
Kopsweet:
(Vit D tekort) – drink baie melk, kalsiumpille, 1 eiergeel per dag, lewertraan TANDPYN
• 1TL rooipoeier op tong met vrugtesap afsluk
• Warm of koue kompressie op wang
• Naeltjie op tand
• Vryf ys agter op jou hand en op vel tussen duim en wysvinger
• Maak knoffelhuisie fyn, sit in ’n wattetjie, maak klam met warm water en sit op tand
• 1 tl kaneelpoeier met 5tl heuning – sit op tand tot pyn verdwyn
• Lennon se tandpyn-druppels – op watte/op tand
• Tandverotting – drink baie tee
• Tandekry by babas – eet licorice TAND/TANDVLEISE/ ROOI EN BLOEI EN TANDE RAAK LOS (Vit C tekort)
• Gebruik slegs Sensodyne tandepasta (bietjie duur maar dit werk)
• Drink 1 glasie rooiwyn elke aand (net 1)
• Drink vars lemoensap, eet lemoene, pomelo’s, vars vrugte, groente en eet seldery om van plaak ontslae te raak
• Spoel jou mond ’n minuut lank met suurlemoensap uit.
• Eet 350g tamatiesap of neem 1 eetl tamatiesous – meng met water en drink
• Borsel tande en vlos gereeld
• Masseer tandvleise met jou vinger 2 x per dag
• Om water na etes te drink veminder die suur in jou mond met 61% TANDVERROTTING
• Drink baie tee TANDE WIT HOU
• Borsel met suurlemoen, sout en koeksoda (maak pasta en doop tandeborsel daarin)
• Sit bietjie lemoensap in koppie en spoel mond vir ’n hele minuut daarmee uit
• Borsel tande 1 x ’n week met bicarb of soda (bakpoeier) TENDINITIS
• Drink 1 tl Borrie in louwater 3 keer per dag TONGVERBRAND
• Sit suiker op INFLAMMASIE VAN DIE TONG
• Neem yster in (vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils, olywe) TOONSTAMPE (Sien Sere) VEL / NAELS / HARE / LIPPE / VOETE ENS AKNEE
• Glo dit of nie, smeer gereeld urine aan
• Koop zincsalf en smeer aan
• Vat eiergeel en smeer aan gesig en was dan af – doen dit daagliks DROë/GROWWE VEL (Vit A tekort)
• Sit handeroom in jou handpalm – gooi ’n bietjie suiker op en vryf in jou hande
• Smeer avokadopeer in jou hande in – los tot droog en was af – smeer kanferroom aan
• 4 tl suurlemoen, 8 tl kookolie en 1½ tl heuning – gooi klein bietjie water by as dit te dik is en smeer aan.
• Vat 2 asperiene, meng dit met water, smeer aan en los vir ’n rukkie
• Neem zink pille (Oesters, rooivleis, hoender, pampoensade)
• Mash klomp aarbeie met ’n bietjie suurroom – sit op gesig vir 10 minute – Catherine Zeta Jones glo aan strawberries vir die vel.
• Vat ’n strawberry, sny dit in die helfte en vee jou gesig daarmee af voor jy dit afspoel HARE
• Mash 10 strawberries en meng met mayonaise – masser in klam hare en los 10 minute voor jy dit shampoo Avokado gemeng met mayonaise ook net so goed HANDE EN VOETE - SKURF
• 4 tl suurlemoen, 8 tl kookolie en 1½ tl heuning – gooi klein bietjie water by as dit te dik is en smeer aan. LIPPE
• Lippe wat afdop – smeer vaseline aan en skrop liggies met tandeborsel
• Seer, stukkende lippe – cranberry lipgloss NAELS
• Geel naels – borsel met ou tandeborsel of druk suurlemoensap op watte en vryf oor naels
• Tuinnaels – druk naels in koekie seep sodat dit keer dat vullis daar inkom OUDERDOMSVLEKE EN MERKE
• Sit gereeld Appelasyn op en los oornag
• Vat ’n halwe suurlemoen en 1 tl suiker en vryf oor die vlekke
• Op elmboë – sny suurlemoen in helfte en sit elmboë om elkeen vir 10 minute lank POFFERIGE VEL
• Eet aspersies PUISIES
• Rou puisie – sit dadelik tandepasta op – dit sal verdwyn
• Sit ’n bietjie apelasyn vir oornag op of rou uie
• Spons gesig met verdunde suurlemoensap ULKUSSE
• Eet kool en sit kool op ulkus VAGINALE ONTSTELING (EKSTERN) • Smeer ongegeurde yogurt op branderige aangetaste deel • Koop Covospor (Uitstekend) VELKANKER
• 1 x 2 liter water met 1 eetl Borrie – sit in yskas en drink gereeld
• Eet baie olywe VERKOUES • Keer ’n verkoue as jy hom voel aankom anders kos dit jou baie geld • Eet baie lemoene, suurlemoene, kiwis, pomelo’s (Vit C)
• 1 x 2 liter water met 2 eetl heuning en 1 eetl kaneelpoeier in, sit in yskas en drink gereeld (Genees chroniese verkoue, hoes en sinusitus)
• Sluk 1 heel knoffelhuisie 2 keer per dag – passop vir verstik
• Rasper vars gemmer en meng met heuning en suurlemoen in water
• Baie yogurt – vekieslik nie-gegeurdes
• Smeer rand van bad met vicks – tap warm water in – hou deur toe – asem stoom in). Smeer vick op bors, rug, onder voete en klim in bad. Neem warm Medlemon. Trek warm aan as jy uitkom.(My seun oornag gesond geword) VEROUDERING
• Gesonde geballanseerde dieet
• Drink Omega 3,6 & 9 kapsules elke dag (Lucky star se vis produkte)
• Eet minder suiker – dit verlaag elastien en kollageen in die vel en dit maak jou vel dof en verrimpeld
• Eet baie broccoli – dit verminder rooiheid van die vel in inflammasie deur sonbrand
• Hou op stress, mediteer – raak stil en doen niks vir ‘n ruk
• Son of bewolk – die strale verouder jou vinnig
• Kry ’n troeteldier – dit hou mens jonk, lag baie, oefen baie en oefen jou brein
• Dra beskermende klere in die son – hoed ens. En gebruik ’n goeie sonskerm)
• Drink 1 tl Cayenne peper in louwarm water 3x per dag
• Was jou gesig, verdun heuning met ’n bietjie water en smeer op vel
• ’n Bietjie Nutmeg spesery in melk – elke oggend en aand
• Vit E en eet voëlsaad, ’n handvol almonds of neute per dag en pers voedselsoorte: Braambessies, Bloubessies en swartbessies Pruime, Rooi druiwe, Rosyntjies, Beet en Rooikool
• Eet soya kos, baie pampoen, komkommers, pomelos
• Sink en Yster pille
• 1 Eetl. Tamatiesous 3 x per dag of drink tomato cocktails
• 2 Baba asperine per dag
• Drink 4-6 glase water per dag
• Drink 1 Glas rooiwyn of rooi druiwesap per dag
• Drink groen tee-_ help die vel gloei, heel merke, beveg liggaamsreuke en help met vel uitslae
• Vat ’n suurlemoen, sny in helfte, sit bietjie suiker op en vryf dit op donker vlekker vir ’n paar minute – herhaal tot vlekke ligter is (1x per week)
• Mash klomp aarbeie met ’n bietjie suurroom – sit op gesig vir 10 minute – Catherine Zeta Jones glo aan strawberries vir die vel.
• Vat ’n strawberry, sny dit in die helfte en vee jou gesig daarmee af voor jy dit afspoel VERSTUITE ENKEL
• Sit dadelik yspak op (in lappie toegedraai). Sit ’n rekverband op of net ’n verband – hou voet in die lug en rus vir ’n hele dag VITILIGO (Wit vlekke op vel)
• Die peperien in swartpeper blyk die pigmentasie in die vel stimuleer en die vel verbeter. Drink 7 peperkorrels per dag VOETE – SEER EN GEBARS
• Meng Blue Seal vaseline, gliserien en Johnson se babapoeier en smeer gereeld aan. VRATJIES
• Vat dun suurlemoenskyfie – doop in asyn en sit pleister op – oornag – vervang elke 5 dae
• Kan Krokasalf (Apteek) opsit – gebruik pleister met gatjie in met gewone een bo-oor – los oornag aan – indien vratjie heeltemal dood is – krap dit af met ’n messie – wees versigtig – Indien nog seer – herhaal. MOET NIE GEBRUIK AS JY ’N DIABEET IS NIE al het ’n diabeet dit al beproef en dit het gewerk VRUGBAARHEID • Eet olywe, knoffel WATERPOKKIES (Aansteeklik) Rooi kolletjies, dan puisies, blasies en rofies - Geringe koors, koue, pyn in rug en bene. Vomering en erge jeuk. Hou hande en naels skoon – moet nie krap!!!!!
• Lyfspons met sterk Koeksoda oplossing – nie bad nie
• Smeer olyfolie op vel WATERRETENSIE
• Eet baie komkommer, blaarslaai ,spinasie, pietersielie en piesangs WINTERSHANDE EN VOETE
• Drink halwe tl Cayenne peper in louwarm water elke oggend
• Smeer Lennon se Witdulsies aan
• As jy op ’n plaas bly en jy kan nie by die apteek uitkom nie, gebruik speensalf op aangetaste dele
• Week voete in mengsel van 1 eier, 1 koppie melk, en halwe suurlemoen en week. Versag
• Smeer Traxa salf op
• As dit wit geryp is gaan loop met jou voete daarin en smeer jou hande daarin – jy sal nooit weer wintershande kry nie WINDE
• ’N Knippie bakpoeier in glas water WONDE
• Genees wonde met heuning
• Rou wonde: Smeer zambuk salf op WURMS
• Eet vir 3 dae net gerasperde wortels
• Lintwurm – eet vir 1 hele dag niks - week 10 pampoen-pittte in brandewyn en eet
• Ander wurms – rou knoffelhuisies • Suurlemoen in heuningpomelo-pitte KOSSOORTE AALWYN Hardlywigheid, purgeermiddel, reining aarwande, cholesterol, arthritis AARBEIE Mooi hare en mooi vel APPELS Anti-oksidante, reinig tande en vernietig bakterieë, smeermiddel vir dermkanale, slegte spysvertering, sooibrand, mantelvliesbreek APPELS, PIESANGS, PERE, WORTELS EN PATAT Slegte geheue ARTAPPELS Laer bloeddruk ASPERSIES Lewertonikum, urieneweg oopmaak, PMS en seer borste AVOKADO holesterol beheer, bloeddruk af, geboortedefekte verhoed BESSIES Katerakke verhoed, kanker afweer, hardlywighedi verhoed, infeksie hokslaan BLOMKOOL Gewasgroei te inhibeer, immunstelsel te versterk, bloedarmoed (yster) BONE Goed vir diabete Cholesterol lag hou, bloesuiker stabiliseer, bors en prostaatkanker verlaag, hartsiektes verlaag BORRIE Antioksidant, kolon- en velkanker BROCCOLI Kankerbeskermend BRANDRISSIES Sinus, maagswere, hartsiekte en beroerte verlaag EIERS Vit A, B6, B12, D, yster, zinc – een ‘n dag sal nie skade doen nie GEMMER IN WARM WATER Beroertes en Artritis GREEN TEA Te drink: Anti-oudword, kanker, tandbederf Buite opsmeer: Maak vel gloei, herstel vlekke, help met slegte reuke and verlig uitslag, sonbrand GROENPEPERS Verhoed katerakke GRONDBOONTJIEBOTTER Vol minerale en vitamiene en vreeslik heilsaam HEUNING Vel genesing, goed vir pragtige hare (meng heuning en olyfolie – sit op hare – los vir 10 minute en sjampoo) Heuning nie vir kinders onder 1 jaar oud – kan botulinumbakterieë veroorsaal wat gitstowwe vrystel KAFEIEN (KOFFIE/TEE) Verminder risiko op suikersiekte, Parkinson-siekte en kolonkanker Neem slegs 400mg (2 koppies tee en 2 koffie) Red bull = 80mg, filterkoffie = 100mg, kitskoffie = 100mg, espresso = 90mg, tee = 50mg, kakao = 10mg KELP PILLE Oormatige sweet KNOFFEL Antibiotikum, verkoues, versterk imuunstelsel, diabetes, dood parasiete, gewrigontsteking, anti-fungi, anti-septies, koors, bloedreiniger, stabiliseer suurvlakke in maag, help met vrugbaarheid KOOL Jig, melkkoors KOOLSAP Seer keel, asma, brongitis, anti-kankermiddel KOMKOMMER Vit C, velreiniger, gout, arthritis, anti-inflamatories, maagsere, sooibrand, sap op sonbrand, koors – sap elke 2 minute LICORICE Longinfeksie, lae bloeddruk, niere, versterk lewer, bou hartspiere – kan tot vog retensie lei MIELIES Energie MOSTERT Stimuleer hartklop en bloedsirkulasie, anti-depressant, sit mostert poeier in ‘n bak en sit jou voete daarin – help vir hoofpyne, bloedsirkulasie, verkoues NAELTJIES In tee vir depressie, bring koors af, vir see- of karsiek NEUTE Cholesterol verlaag, kanker, harsiektes OLYWE Goed vir vrugbaarheid, hou spiere soepel en gesond, smeer gewrigte, skilfers, jeukerige kopvel, velkanker PATAT Geheueverlies, diabetis, hart en kanker PERE Geheue, bene sterk hou PIESANGS Sooibrand, diarree, maagswere voorkom, hoë bloeddruk af en beroerte voorkom POMELOS Vit C, hartkop beheer, anti kanker, reiniger – spysverteringstelsel en niere, versterk asemhalingsorgane, gesonde vel, maak lewer skoon, bestry tandvleis ROOIWYN/ROOI DRUIWESAP Beroerte en hartsiektes, ingewande skoonhou. Een glasie rooiwyn goed vir die hart – ‘n 2de een kan moontlik hoë bloeddruk en hartversaking aanbring ROOIPEPER/CAYENNE Skoon mooi vel, Hoë bloeddruk, Hartkrampe Sinus hoofpyn, Maagsweer, Rumatiek ROU UIE Inflammasie stil, bloeddruk laer, cholesterol ho, cholesterol hoer SUURLEMOEN Vit C, Spysverteringstelsel, Antisuur, Sooibrand, Lewer skoonmaak, stimuleer metabolisme, Antiseptiese middle (seer keel), aambeie, nierstene, insekweerder (smeer op vel), rustelose bene, bloedreiniger, prostaatmoeilikheid, maag werk goed, spoel mond 1 minuut ‘n dag – witter tande, haal plaak van die tande af, hart gesond hou, immunstelsel opbou, op inseksteke sit, koorsblare, verwyder ou vel selle en verlig donker vlekke SUURLEMOEN IN WARM WATER Beroertes, Maagswere, Blaas en Niere, Rumatiek, limfkliere skoon hou (selluliet) SELDERY Kalmerend, Yster en Vit AB & C, lewertonikum, hoe bloeddruk, niere, selderysop voor etes demp eetlus, spierspasmas – rug of nek ens.. TEE 4 Teesakkies in kookwater – laat dit trek, sit in die yskas – gebruik vir snye (wattetjie in tee vir 5 minute op wond), vir sonbrand – maak lap nat in mengsel en sit op brand YSTER (Vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neuter, lentils) Stress, Energie, Blosende vel, Immuniteit opbou ZINPLEX MAGNEPLEX Zinplex Magneplex Outisme, aritmiese hartkloppings, asma, spanning, osteoposore, kroniese moegheid, hartaanvalle, hartsiektes, hoë bloeddruk, hoofpyne, hiperaktiwiteite, nierstene, beroertes verminder en PMS Help met spierkrampe, spanning, diabetes. Te kort aan magnesium kan lei tot hartkloppings, hartaanvalle, osteoporose en artiritis.
En les bes uit Ouma se Rate- en Resepboekie
(Dis stellig ’n baie ou publikasie, waarvan die skrywer van hierdie artikel slegs ’n paar uittreksels gevind het. Dit is deur iemand met ’n ou tikmasjien oorgetik op twee bladsye wat nou reeds geel en verbleik is.)
Hoes: Kook ’n hoendereier. Eet die helfte en spoeg op die ander helfte en begrawe dit in ’n miershoop. Moenie weer omkyk nie. (’n Mens kan nogal wonder watter verskrikking sal jou tref as jy wel omkyk. Sal jy in ’n hoesende soutpilaar verander, amper soos met Lot se vrou gebeur het?)
Krampe: Sit jou regterskoen voor die linkerskoen neer, sodat die een se toon na die ander een se polvy kyk. DIe kramp sal verdwyn.
Tering: Maak ’n rooijakkalslewer droog en maak dan poeier daarvan. As die lyding erg is, neem ’n mespuntvol, drie maal per dag, anders net een maal.
Asma: Groen koring laat trek en drink.
Vir jig wat groot knoppe veroorsaak: Neem ’n halwe bottel asyn en gooi ’n sikspens (ou silwermunt gelyk aan ses pennies) se rissies daarop. Laat staan vir vier uur en smeer aan die knoppe.
Vallende siekte: Plaas 2 lepels gesaagde nieshout op ’n halfbottel brandewyn. Neem een kelkievol twee maal per dag.
Sinkkoors-sere: Neem ’n paar rosyne. Haal die pitte uit. Maak dit fyn en gooi ’n bietjie terpyn by en maak ’n pleister daarvan. Sit op seer.
Trekkings: Trek voëlent net soos tee en drink.
Seer oor: Maak bokgal, ’n weinig soetolie en vyf druppels bruindulsies deurmekaar en gooi in die seer oor.
Stuipe: Drink ’n paar druppels rooi laventel met wit hoendermis in. (Baie mense sal eerder die blouapiestuipe kry as hulle so iets drink en eers agterna verneem wat hulle gedrink het.)
’n Mens kan beslis wonder wat die arme pasiënte destyds die ergste gevind het—die siekte of die behandeling.
|
|
|