Radio SAM Music Club

Theuns Jordaan

WEB PAGE TITLE GOES HERE

Home


































 

Biografie


Persoonlike inligting: Theuns Jordaan is op 10 Januarie 1971 gebore en het op ‘n plaas naby Venterstad, 30km van Bethulie, grootgeword. In sy matriekjaar aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet het hy sy liefde vir rugby met ‘n kitaar begin deel. Ná skool is hy weermag toe, daarna na die Universiteit van Stellenbosch waar hy ‘n B.Ekon.-graad verwerf het.
   
 

Dit was ook op Stellenbosch waar Theuns al meer begin sing het. Op 21 Oktober 1992 het hy vir die eerste keer voor ‘n gehoor in die kuierplek The Terrace opgetree met ‘n paar rand en ‘n pizza as enigste betaling.

Met sy graad in die hand verruil Theuns in 1998 Stellenbosch vir Pretoria en by die KKNK van 2000 word sy debuutalbum, Vreemde Stad, vrygestel. Vreemde Stad word een van die suksesvolste debuut-albums nog ooit in Afrikaans met verkope wat reeds verby die 210 000-merk is.

   
   

Die langverwagte tweede album, Tjailatyd, word by Aardklop in 2002 bekendgestel en ook hierdie album se verkope is reeds by bykans 220 000.

Die kitaarspeler Anton L’Amour begin gereeld saam met Theuns optree, ‘n samewerking wat vandag nog deel is van Theuns se loopbaan.
In November 2005 word Seisoen vrygestel en hierdie keer is L’Amour in die regisseurstoel. Seisoen sorg ook vir rekordverkope met meer as 115 000 CD’s wat verkoop is. Theuns het dus met slegs drie albums verkope van meer as 500 000 behaal.
In 2007 besluit Theuns om sy sewe jaar as professionele sanger op een album saam te vat. Grootste Treffers word in Maart vrygestel en verkoop byna 85 000 tot op datum.
Op 28 Maart 2008 word Theuns en Juanita du Plessis se Bring Jou Hart op DVD vrygestel. Dis ‘n reuse sukses en daar word ook ‘n CD vrygestel. Die DVD se verkope was 105 000 en die CD ‘n ongelooflike 120 000.
Theuns was nog altyd ‘n groot aanhanger van die musiek van Koos du Plessis en in April 2009 word Koue Vuur vrygestel. Dit behaal binne twee maande platinumstatus en die verkope staan tans op meer as 100 000.

   
   2012 is ‘n groot jaar vir Theuns. Nie net stel hy sy vyfde solo-CD, Roeper, vry nie, maar hy en Juanita werk weer saam op Hart Vol Drome.
Roeper is een van 2012 se grootste verkopers en boer lank op die topverkoper-lyste van platewinkels en programme soos RSG se Top 20 en DKNK. Die album se verkope was in Maart 2013 reeds by bykans 115 000, maar die handvol Ghoema-toekennings wat die album in April 2013 gewen het – onder meer vir album van die jaar - het beteken dat dit later die maand wéér op RSG se Top 20 was.
Theuns is met sy diep rasperstem nie net ‘n uitstekende sanger nie, hy het ook deur die jare sy staal as liedjieskrywer gewys. Verskeie groot treffers – Soos Bloed, Jou Asem, Roeper van My Hart en Net Voor die Storm Kom om net ‘n paar te noem – is uit sy pen en daar is beslis nog ‘n paar wat wag om geskryf te word.
   
   
Musiekloobpaan:

Met die sukses van sy splinternuwe album,Roeper, en ook sy suksesvolle samewerking met Juanita du Plessis op hul nuwe DVD,Hart vol drome, het Theuns nou deel van die uitgelese miljoen-groep geword.

“Dis natuurlik ‘n baie groot eer en meer as wat ek ooit verwag het,” sê Theuns. “My droom was nog altyd om die sanger te wees wat in die hoek van ‘n pub sit en sing. Om dus dié sukses te behaal is soveel groter as wat ek ooit gedink het dit sou wees.”

Roeper, Theuns se vyfde solo-CD, het reeds goue status behaal voor dit nog op die rak was. Dit is tans nommer een op Musica se Top-20 en is ook die afgelope twee weke die nommereen-CD in die land volgens RSG se Top-20. Hart vol drome is wat DVD-verkope aangaan die nommer een op Musica se verkooplys.

Twee van Theuns se vorige albums, Vreemde stad en Tjailatyd, het die 200 000-merk verbygesteek en Seisoen se verkope is meer as 110 000. Koue vuurhet meer as 100 000 eenhede verkoop en sy Grootste Treffers-album het meer as 80 000 verkoop. Roeper beloof om net so ‘n groot sukses soos sy voorgangers te wees.

”Ek het lank gewerk aan Roeper en is baie dankbaar vir die sukses,“ sê Theuns.

Die album bestaan uit veertien snitte waarvan Theuns op tien die skrywer of mede-skrywer was. Een van die liedjies, Voor die storm kom, is reeds ‘n treffer, en die duet met Marta Gomez, die Spaans-Afrikaanse weergawe van Soos bloed, wys hoe ver Afrikaanse musiek kan strek. Die duet met Doctor Victor op die prettigeWie se kind is jy is ’n gunsteling onder aanhangers, maar dis veral die nuwe snitte soos Honger hart, Hartseer vir die reën en Bloutrein wat Theuns vestig as een van die beste sanger/liedjieskrywers in Afrikaans.


     


 
 
 
   
   
   

       
.





 
 
 
 

 

     






   
 


Get in touch!

Visit Theun Jordaan Website in South Africa.

 

Tuns se Musieksmaak


04 November 2014 04:26:34 PM

 

Theuns Jordaan sê sy musieksmaak is ‘alternatief’


Die laaste CD wat Theuns ­Jordaan gekoop het, is Leonard Cohen se Popular Problems.

Dié topverkoper sê hy koop self ander plaaslike en interna­sionale musikante se albums.

Dit is duidelik mense koop nog sý musiek. Jordaan se jongste album, ­Tribute to the Poets, het pas die 100 000-merk verbygesteek: ’n baie skaars rekord in die bedrukte CD-mark.

Sy vorige CD, Roeper, is met ’n Sama bekroon as topverkoper in Suid-Afrika.

Hy dink eers ’n oomblik voor hy sê sy musieksmaak is meer “alternatief”.
“Ek is meer ’n Valiant Swart-soort ou,” sê Jordaan.
“Ek probeer die cheesy goed vermy. Ek hou ook van Die Heuwels Fantasties, Gert Vlok Nel en daai soort musiek met ­lirieke wat anders is.”
Jordaan, wie se algehele albumverkope byna op 1,5 miljoen eenhede staan, sê dit gee hom werkbevrediging om klem te lê op gehalte.
“Ek dink die belangrikste ding is om verantwoordelikheid vir jou eie loopbaan te neem en van die begin af by alles betrokke te wees,” sê Jordaan.
“Jy kan dit nie oorlaat aan die platemaatskappy om alles te doen en dan net aan die einde vinnig kom saamsing nie.”
Volgens Arnold Coleske van Coleske Artists, Jordaan se platemaatskappy, is verkope van 100 000 eintlik ongekend in Afrikaanse kringe.
“Baie ouens sukkel om 20 000 eenhede te verkoop. Al Theuns se ateljee-albums het meer as 100 000 eenhede verkoop,” sê Coleske. “Dis fenomenaal.”
Hy meen Jordaan is so suksesvol omdat hy sy mark ken en homself eksklusief hou.

“Theuns is ’n perfeksionis wat inzoem op elke liewe detail, van die CD-omslag tot die wysie. Hy verstaan die spel en is heeltyd in beheer van sy musiek.”
Luidens ’n 2014-verslag deur die International Federation of the Phonographic Industry verminder die verkope van CD’s in Suid-Afrika vinniger as in enige ander land ter wêreld.

Dié studie het ook bevind die groei van digitale musiek is nie goed genoeg om te vergoed vir dalende CD-verkope nie.
En dan, die teendeel: Coleske sê Afrikaanse musiek is een segment van die plaaslike mark wat nog uiters goed verkoop.
“Afrikaanse mense se gevoel van lojaliteit teenoor hul gunstelingmusikante is die rede hieragter,” sê hy.

 
 
                 
 This Page is Manage by Radio Sam Music Club & Radio SAM-SOUTH AFRICAN MUSIC
       
 

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden