|
Beste Afrikaanse kleuterverwante webtuistes
Ons keuse van die Beste Afrikaanse kleuterverwante webtuistes op die internet, gepak met pret- en leersame aktiwiteite, skoolhulp, stories, musiek- selfs klere en partytjie-idees!
|
Hier vind jy elke moontlike leerhulpmiddel in Afrikaans wat jou kind van voorskools tot hoërskool nodig kan kry. Daar's 'n lys van bestelbare Afrikaanse kinder- en jeugboeke en Pretpos is 'n leespakkie met boekies en aktiwiteite wat leeslus aanwakker. Verwag wenke, taalhulp en skryfhulp.
|
Die webtuiste wat jou en jou kleuter die langste sal besig hou- nog jare ebn jare lank- is Juffer se blog: My Klaskamer- idees en gedagtes uit 'n juffrou se pen.
Wat 'n vonds! Baba & Kleuter kan nie genoeg lofliedere oor hierdie webskat sing nie, Nie net lei Juffer jou kind op 'n prettige manier stap vir stap deur graad R, 1, 2 en 3 nie, sy bied ook voorskoolse raad en aktiwiteite. Daar is skakels na bruikbare takkaarte en blink idees en jy kan ook inteken as jy personnl;ike aandag nodig het. 'n Nuttige skakel vir kraakvars kleuteraktiwiteite in die blog self is http://juffer.wordpress.com/2009/09/30/inkleurprente-en-aktiwiteite.
|
Die webtuiste is vir al die storievrate. Storiewerf sal sorg vir ure se swerf tussen woorde van avontuur, grilwoorde, rilwoorde, lirieke, reekse, luisterwoorde en pure fantasie deur Suid-Afrikaanse skrywers. Die Haasbekkies-afdeling hte stories wat net lê en wag dat Mamma en Pappa dit druk en voorlees. In die Storiegedorie-afdeling vertel jong lesers self hoekom hulle van sekere soorte stories hou en die webtuiste het al gediggies van kinders so jonk as sewe gepubliseer. Daar's selfs prosa, samesprake en monoloë wat jou kind by kunswedstryde kna opvoer.
|
Hierdie webtuiste het ontstaan toe 'n kleutermamma op soek was na Afrikaanse kleuteraktiwiteite en voorskoolse inligting op die web ter voorbereiding van haar oudste vir die grootskool.
In haar soeke het sy op 'n volle niks afgekom nie en toe besluit.
|
|
|
|
Besterklub-maatjies kry weekliks 'n opwindende pretpak propvol wiskunde-, wetenskap- en kunsaktiwiteite en allerlei ander opvoedkundige projekte. Pretpakke word saamgestel volgens 'n maandelikse tema met 'n oorspronklike storie en liedjie wat by daardie tema pas. Die liedjies word deur Lienka, Johrné (albei van disselblom) en Jannie gesing en die stories word onderskeidelik deur Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock vertel. 'n Uitstekend saamgestelde webwerf.
|
'n Afrikaanse kleuterklerereeks, haleluja! Skaf vir jou kind tussen een en ses jaar oud 'n T-hempie aan met 'n Afrikaanse trefwoord of rympie op. Jy kies een van die rympies op hul ellelange lys en die kleur van die hemp uit hul kleureversameling.
Een gewilde rympiekeuse is:
ienkel dienkel dalie-kind
hardloop soos die wilde wind
hier gedraai en daar geswaai
van gvir jou 'n vlinder
en hou hom saggies vas
drrom die mooiste drome
wat by 'n vlinder pas
Filaflooi hekel ook rokkies op aanvraag en voorbeelde kan na jou gestuur word.
|
Soos kleuters.co.za is dit ook 'n goeie versameltuiste. Daar is gratis speletjies vir peuters van twee jaar en ouer, partytjiewenke, aksierympies, resepte, wenke vir ouers en 'n gebruiksvriendelike aanlynwinkel met tonne hulpvaardige Produkte.
|
'n Program vir peuters wat deur 'n kleuterskoolonderwyseres saamgestel is en waar ouers nuwe dinge soos kleure, vorms en begrippe met die hulp van temas aan hul peuters voorstel en hulle so stimuleer.
Daar is vier ten volle uitgewerkte weeklikse programme wat jy m et jou peuter kan deel.
Dis hope pret vir ma en kind. Groot bonus: 65 bladsye van liedtjies en rympies!
|
Ons Blêrkas van Afrikaanse volksmusiek is 'n argief met 400 Afrikaanse volksliedjies. Klik op die liedjienaam om die woorde te lees en klik op die musieknote om die wysie te hoor. Volksliedjies word weer gewild en kommersiële kunstenaars neem dit ook graag op- dink maar aan Dozi se Ou Ryperd. Stel jou kind hier aan 'n skatkis van geskiedenis bloot.
|
|
|
|
Dis aanvanklik moeilik om jou pad deur dié webtuiste te vind, maar as jy eers agtergekom het waar al die skakels op die tuisblad is en waarheen dit lei, bied dit waardevolle inspirasie en goeie praktiese resepte. Die kletsforum, waar ma's gedagtes wissel, is baie gewild.
|
|
Dit help ouers om 'n liefde vir lees by hul jong kinders te skep deur middel van die Disney-boekklub met leesboekies en aktiwiteite. Die webtuiste bevat ook 'n reeks insiggewende artikels oor kinders en leesgedrag.
|
|
|
|
|